text
stringlengths
103
136k
id
stringlengths
10
16
Gereformeerde kerk Delportshoop Die Gereformeerde kerk Delportshoop was 'n gemeente van die GKSA op die Noord-Kaapse dorp Delportshoop, maar dit het ook die dorpe Barkly-Wes, Koopmansfontein en Ulco ingesluit. Die lidmaattal het tussen 1997 en 2014 skerp afgeneem van 48 belydende en 24 dooplidmate tot onderskeidelik 18 en vier. In die loop van 2015 het die gemeente dan ook ontbind, waarna die omgewing deel geword het van die Gereformeerde kerk Postmasburg. Einde 2011 het die belydende lidmate nog 32 getel en die dooplidmate vyf. Tjaart Steyn het die boumateriaal van die Gereformeerde kerk Holpan, gestig in 1895 en ontbind in 1905, daarvandaan na Delportshoop gebring om 'n vaste kerkgebou hier op te rig. Dit is dan ook die oudste Afrikaanse kerkgebou op Delportshoop. Die gemeente het die gebou se vyftigjarige bestaan op 24 Augustus 1947 gevier, maar die gemeente self is eers in 1914 gestig. Die huidige kerkgebou is in 1918 ingewy. In Mei 1937 is elektriese ligte in die kerk aangebring en op 27 November daardie jaar het 'n gemeentevergadering besluit om voortaan die Afrikaanse Psalms in die kerk te sing. Ds. Ferdinand Postma het die gemeente op 17 Augustus 1935 besoek om studente vir die PU vir CHO te werf. 'n Bejaarde lidmaat wou by die professor weet of hulle die kinders aan die universiteit leer dat die aarde rond is en draai. Postma het geantwoord die broeder kan sy kind met 'n geruste hart na Potchefstroom stuur; hulle sal hom nie verkeerde dinge leer nie.
afr_Latn_200
Gereformeerde kerk Duineveld Die Gereformeerde kerk Duineveld is 'n gemeente van die GKSA met sy middelpunt op die Noord-Kaapse dorpie Hotazel. Dit sluit ook die nedersettings Van Zylsrus, Severn en Blackrock in. Duineveld het in 1982 afgestig van die Gereformeerde kerk Kuruman. Aan die begin is eredienste om vyfuur Sondagmiddae in die kerkgebou van die NG gemeente Kalahari (gestig in 1984) gehou. Later het die Gereformeerdes in die Samancor-gebou byeengekom, die latere BHP Billiton-klubsaal. Die gemeente het toe 'n erf in Sharplaan, Hotazel, gekoop. Dié erf, met 'n huis daarop is groot genoeg sodat 'n veeldoelige saal daarop gebou kan word. Eers op 22 Augustus 2010 kon die Gereformeerde kerk Duineveld vir die eerste keer in hul eie plekkie erediens en katkisasie hou. Die gemeente het beplan om, tot die saal voltooi is, eredienste in die huis te hou, en laasgenoemde dan weer in 'n woonhuis te omskep.
afr_Latn_201
Koedoespoort Koedoespoort is 'n voorstad in die ooste van Pretoria, Suid-Afrika. Die gebied is algemeen bekend vir die groot en belangrike werkswinkels van Transnet.
afr_Latn_202
Môregloed Môregloed is 'n voorstad in die ooste van Pretoria se Moot, die vallei wat van oos na wes loop tussen die middestad in die suide en Magaliesberg in die noorde. Môregloed word begrens deur Waverley in die noorde (waar Collinslaan die grens vorm) en ooste, die nywerheidsgebied Koedoespoort in die suide en Villieria in die weste, waar Cordonialaan die grens tussen Villieria en Môregloed vorm. Die voormalige Afrikaanse Hoërskool Staatspresident C.R. Swart is in die voorstad se noordoostelike uithoek geleë.
afr_Latn_203
Suiderberg, Pretoria Suiderberg is 'n klein voorstad in die noordweste van Pretoria, Suid-Afrika. Dit lê aan die suidehang van die Magaliesberg, vandaar sy naam.
afr_Latn_204
Silverton Silverton is 'n ou en gevestigde voorstad in die verre ooste van Pretoria, Suid-Afrika. Menige ander woonbuurte het rondom Silverton uitgebrei oor die afgelope 60 jaar.
afr_Latn_205
Wonderboom-Suid Wonderboom-Suid is 'n groot, gevestigde voorstad in die noorde van Pretoria, die hoofstad van Suid-Afrika. Dit lê aan die suidehang van die Magaliesberg en die Wonderboom, vandaar sy naam.
afr_Latn_206
Shere Shere is 'n klein woonbuurt in die ooste van Pretoria, Suid-Afrika. Dit het oorspronklik as klein landbouhoewes buite die stad ontstaan, maar het die afgelope 20 jaar totaal verstedelik weens flinke residensiële uitbreiding na die ooste van Pretoria.
afr_Latn_207
Google-soekenjin Die Google-soekenjin is 'n soekenjin wat deur Google besit en bedryf word. Dit kan gebruik word om trefwoorde (teks) op webblaaie te soek. Dit is op 15 September 1997 bekendgestel en het sedertdien die mees gebruikte soekenjin op die wêreldwye web geword. Die woord Google het mettertyd sinoniem met internetsoektogte geword en is sedert 2006 selfs as 'n werkwoord in die Oxford-woordeboek opgeneem. Dit kan ook in Afrikaans as 'n werkwoord gebruik word en wel met 'n kleinletter-g.
afr_Latn_208
Gereformeerde kerk Fauresmith Die Gereformeerde kerk Fauresmith was met sy stigting in 1865 een van die eerste gemeentes van die GKSA nie net in die Vrystaat nie, maar landwyd. Daarom het dié kerkverband met die gemeente se ontbinding in 2010 een van sy oudste gemeentes verloor. Die gemeente was van sy stigting af 'n bakermat van die Gereformeerde Kerk in die Oranje-Vrystaat. Volgens die Gereformeerdes se gebruik van destyds is die kerkgebou eenvoudig, bruikbaar en tog uitsonderlik. Dit is moeilik om enige inligting oor die bou daarvan te kry omdat daar geen hoeksteen is nie. Dit is wel bekend dat die twee jaar our gemeente in 1867 twee erwe met drie geboue daarop gekoop het vir £256. 'n Gedeelte met 'n klein geboutjie daarop is weer vir £51 verkoop. Die hoeksteen van die kerkgebou is op 31 Augustus 1872 gelê, maar dis nie meer te sien nie nadat die kerkgebou tydens restourasie met siersteen beklee is. In 1941 het die gemeente eers besluit om die kerkgebou af te breek en die grond te verkoop, maar weens verskille oor die gebruik van die geld wat so verkry sou word, is teen die verkoop van die gebou besluit. In 1957 is 'n kommissie benoem om toesig te hou oor die opknapping aan die kerkgebou, maar die kerkraad het besluit die bouwerk kon eers begin nadat die nodige geld bymekaargemaak is. Planne en besparings vir die bou van 'n nuwe kerk is gereeld bespreek, maar intussen is besluit om dringende herstelwerk aan die bestaande gebou te doen, byvoorbeeld aan die plankvloere, pleisterwerk en die elektriese bedrading. In 1967 het die kommissie vir die herbou van die kerk aanbeveel dat die bestaande mure behou word, maar dat die gebou buiteom met 'n siersteenlaag bedek word, soos destyds die gebruik was. Ook moes staalraamvensters aangebring word in dieselfde vorm as die ou houtrame. Die veranderde kerkgebou is op 22 Maart 1968 in ontvangs geneem. Terwyl die werk aan die gang was, het lidmate vir kerkbyeenkomste in die plaaslike skoolsaal byeengekom. Twee jaar later het die vrouelidmate 'n orrel aangekoop wat tot die einde in gebruik was. Die gemeente het 'n besonder groot silwer doopvont gehad. Die Nagmaaltafel het permanent voor die preekstoel gestaan met agt stoele. Teen die einde was die gemeente so klein dat al die kerkgangers op een slag daarby kon aansit. Fauresmith het dan ook in 2010 ontbind. Voor die ontbinding van die gemeente het die Gereformeerde kerk Kimberley, waar ds. Hannes Noëth toe predikant was, met GK Kimberley se 75-jarige fees 'n versoek gerig aan Fauresmith se lidmate om hul historiese klok na Kimberley te verskuif. Die lidmate het ingewillig, en sedertdien hang die klok in Kimberley se kerktoring. Koffiefontein het Fauresmith se lidmate as 'n wyk van hulle ingeneem, maar nadat br. Japie Vermeulen, die laaste lidmaat, oorlede is, het Koffiefontein die kerk verkoop en die wyk ontbind.
afr_Latn_209
Gereformeerde kerk Ficksburg Die Gereformeerde kerk Ficksburg is 'n gemeente van die GKSA in die Oos-Vrystaat met sy middelpunt op die dorp Ficksburg, maar dit sluit ook Clocolan, Fouriesburg, Rosendal en Lesotho in. Einde 2014 het die gemeente 65 belydende en 19 dooplidmate gehad, vergeleke met onderskeidelik 89 en 59 einde 2001.
afr_Latn_210
Gereformeerde kerk Frankfort Die Gereformeerde kerk Frankfort is 'n gemeente in die GKSA se Klassis Oos-Vrystaat. Met 'n sieletal van 348 einde 2014 was dit toe die grootste gemeente in dié klassis. Twee jaar later, einde 2016, het die sieletal toegeneem tot 349. In die eeufeesjaar van die GKSA (1959), toe die klassis bekendgestaan het as Ladybrand, het Frankfort 'n sieletal van 465 gehad, destyds ook die meeste van die gemeentes in die Oos-Vrystaat. Soos die naam aandui, is die gemeente se middelpunt op die dorp Frankfort.
afr_Latn_211
Teater van die Absurde In hierdie afdeling word 'n oorsigtelike beeld gegee ten doel van die studies van die dramatiese kunste oor die Teater van die Absurde. Die belangrikste skrywers van die Teater van die Absurde word genoem, asook sommige van hul stukke. Die kenmerke van die Teater van die Absurde word bespreek en 'n oorsig oor die toneelstuk "Waiting for Godot" word aangebied.
afr_Latn_212
Gereformeerde kerk Harrismith Die Gereformeerde kerk Harrismith is 'n gemeente in die GKSA se Klassis Oos-Vrystaat met sy middelpunt op die dorp Harrismith, maar dit sluit ook Drakensville, Jagersrust, Kestell, Verkykerskop en Warden in. Einde 2014 het die gemeente 75 belydende en 12 dooplidmate gehad, vergeleke met 90 en 45 einde 2001. Die gemeente het ná sy afstigting van Bethlehem in 1938 baie klein begin en eers eredienste in verskillende lidmate se huis gehou. Namate die lidmate toegeneem het, het hulle begin byeenkom in die Moth-saal, maar eers in die sestigerjare was daar genoeg geld om 'n eie kerk op te rig, hoewel daar selfs aan die begin van daardie dekade net 49 belydende en 35 dooplidmate was. 'n Slaghuis is aangekoop en as kerkgebou ingerig, maar enkele jare later is dié gebou verkoop en 'n meer geskikte opgerig, wat in 1968 in gebruik geneem is nadat ds. Postma die hoeksteen op 27 Januarie daardie jaar gelê het. Die NG gemeente Harrismith het sy ou preekstoel aan die Gereformeerde kerk geskenk omdat hy ook indertyd 'n nuwe kerk laat bou het. Eers was daar 'n serfyntjie-orrel voor in die kerk, maar dit is later vervang deur 'n elektriese orrel, wat agter in die kerk staan.
afr_Latn_213
Gereformeerde kerk Heilbron Die Gereformeerde kerk Heilbron is 'n gemeente in die GKSA se Klassis Oos-Vrystaat, waarin dit die jongste oorwegend Afrikaanse gemeente is. Behalwe Heilbron self sluit die grense ook Edenville en Oranjeville in. Die Gereformeerde kerk Heilbron het op 1 April 1964 met 65 belydende en 55 dooplidmate van die Gereformeerde kerk Frankfort afgestig, sonder 'n eie kerkgebou. Aan die begin het die nuwe gemeente vir eredienste in die hoërskoolsaal en in die Hervormde kerkgebou bymekaargekom. (Die Hervormde kerk Heilbron is reeds op 23 September 1911 gestig.) Die Gereformeerde kerkraad het op 2 Februarie 1967 besluit om die Anglikaanse kerkgebou op Heilbron teen 'n bedrag van R2 100 aan te koop. Dié historiese gebou is reeds in 1896, nog voor die Tweede Vryheidsoorlog, opgerig. Dit het lank leeggestaan; daarom het die nuwe eienaar dit opgeknap en gerestoureer. Namate die gemeente gegroei het, het die kerkgebou te klein geword sodat planne in 1985 goedgekeur is vir die vergroting en aanbouing van 'n nuwe vleuel, kombuis en moederskamer. Die bouwerk het in Januarie 1987 begin en op 15 en 16 Augustus 1987 is die vergrote gebou feestelik in gebruik geneem. Einde 2001 het Heilbron 129 belydende en 42 dooplidmate gehad, wat tot einde 2014 heel bestendig gebly het toe dit onderskeidelik 118 en 32 was. Met die gemeente QwaQwa uitgesluit, wat eers later deel van die klassis geword het, het die totale getal belydende lidmate van 1 181 afgeneem tot 950, 'n afname van amper 20 persent, vergeleke met Heilbron se afname van minder as 9 persent.
afr_Latn_214
Stapmotor 'n Stapmotor is 'n borsellose gelykstroom elektriese motor wat 'n volledige rotasie verdeel in 'n aantal gelyke stappe. Die posisie van die motor kan dan op bevel beweeg en gehou word by een van hierdie stappe sonder enige terugvoersensor, solank die regte motor vir die toepassing gekies is ten opsigte van wringkrag en spoed.
afr_Latn_215
Webkruiper 'n Webkruiper (Engels: webcrawler of spider) is 'n sagteware robot wat die wêreldwyde web op 'n metodiese en geoutomatiseerde manier deurblaai. Webkruipers maak gewoonlik 'n lokale kopie van die opgeroepte bladsye om hulle sodoende later te kan verwerk, soos byvoorbeeld om hulle te indekseer vir soekenjins. Webkruipers kan bladsye baie vinniger as mense opvra en verwerk, en dit is dus belangrik dat hulle hulself gedra sodat hulle nie die webbedieners wat die webblaaie beskikbaarstel oorlaai nie. Die meeste webkruipers neem die moeite om bladsye van een webbediener nie almal ágter mekaar op te vra maar om hulle oor 'n tydsbestek te versprei om sodoende te verhoed dat die betreffende webbediener oorlaai word.
afr_Latn_216
Abu Nidal Abu Nidal (1937–2002) was een van die mees gesoekte en gevreesde Palestynse terroriste ter wêreld. Nidal het lughawens, vliegtuie, busse en openbare geboue aangeval en soms selfmoord-bomaanvallers hiervoor gebruik. Hy word vir 'n totaal van 90 aanvalle in 20 lande verantwoordelik gehou. Hierdie aanvalle het hoofsaaklik tussen die middel 1970's en vroeë 1990's plaasgevind. Die naam Abu Nidal beteken "vader van die stryd".
afr_Latn_217
Gereformeerde kerk Hennenman Die Gereformeerde kerk Hennenman was die agtste oudste gemeente in die GKSA se Klassis Noord-Vrystaat. Einde 2014 was dit met 41 belydende en twee dooplidmate ook die vierde kleinste van die 20 gemeentes in die klassis, waarvan die gemiddelde getal belydende lidmate per gemeente toe 133,5 was, vergeleke met 181,7 in die hele Kerk. In 2017 het die gemeente met Ventersburg saamgesmelt as Ventersburg/Hennenman. Die saamgesmelte gemeente het toe 65 belydende en 11 dooplidmate gehad. Die kerkraad van die Gereformeerde kerk Ventersburg, wat in 1864 die tweede Gereformeerde kerk in die Vrystaat geword het nadat Reddersburg in 1859 as die eerste gestig is, het in 1946 besluit die tyd was toe ryp vir die stigting van 'n selfstandige gemeente op Hennenman, waar die eerste NG gemeente reeds in 1938 gestig is. Die Hervormde kerk Hennenman is eers op 29 September 1955 gestig en het einde 2014 toevallig ook 41 belydende lidmate gehad, maar darem vier dooplidmate. Plaaslike Gereformeerdes het op Saterdagaand 4 Oktober 1947 in die plaaslike NG kerk se saal byeengekom. Deputate van die Klassis het ook dié vergadering bygewoon waar ds. H.F.V. Kruger van die Gereformeerde kerk Pretoria-Wes en dr. J.M. de Wet, leraar van Kroonstad, gewys het op die erns van die oomblik en die teenwoordiges meegedeel het dat die Klassis eenparig toestemming verleen het tot die afstigting van die Gereformeerde kerk Hennenman. Die eerste kerkraadsvergadering is op 23 Oktober 1947 aan huis van broer I.I.J. Venter gehou en die gemeente in drie wyke verdeel. Nog in daardie maand het die gemeente toestemming gekry om die NG moedergemeente se saal tot Februarie 1948 gratis vir eredienste te gebruik, maar die behoefte aan 'n eie kerksaal is toe reeds sterk gevoel. Vroeg in 1948 het die kerkraad besluit om 'n saal te bou sodra die nodige perseel daarvoor gevind kon word. 'n Boukommissie is aangestel om dié projek aan te voor. Nog in Mei 1948 het W.H. Steyn 'n erf vir dié doel geskenk. Die kerkraad het besluit om 'n kerksaal te bou met sitplek vir sowat 120 kerkgangers en teen 'n koste van nagenoeg £2 000. As daar geld oorbly, kon dit in 'n pastoriefonds gestort word. Intussen het die lidmate vir leesdienste in die Anglikaanse kerk byeengekom terwyl die skoolsaal vir eredienste gebruik sou word wanneer 'n besoekende leraar sou preek. Hennenman se eerste eie predikant is eers in 1951 verwelkom in die persoon van ds. I.J. Van der Walt, wat hier sou bly tot 1955. Die kerkraad het die tender van die bouaannemers Kriel en Kie in Augustus 1948 vir die oprigting van die saal aanvaar. Hy het onderneem om alles in sy vermoë te doen om die bouwerk aan die einde van die jaar te voltooi, maar die werk is vertraag weens probleme met die fondasie. So kon die saal op erf 28 in Elizabethstraat eers op 12 Junie 1949 feestelik in gebruik geneem word. Die totale koste was £2 100.
afr_Latn_218
Skerpstert-sonvis Die skerpstert-sonvis (Masturus lanceolatus) is 'n sonvis wat in tropiese en subtropiese waters van al die oseane voorkom. In Engels staan dit as die Sharptail sunfish bekend. Die vis word tot 337 cm lank.
afr_Latn_219
Rompvis Die Rompvis (Ranzania laevis) is 'n sonvis wat in tropiese en subtropiese waters van al die oseane voorkom. In Engels staan dit as die Trunkfish bekend. Die vis word tot 100 cm lank.
afr_Latn_220
Telegram (sagteware) Telegram is 'n kitsboodskapdiens vir slimfone en uitgesoekte funksieselfone wat van die internet gebruik maak vir kommunikasie. Benewens kort teksboodskappe, kan gebruikers beelde, videogrepe, klankboodskappe en lêers aan mekaar stuur, sowel as hul plek aandui met behulp van die geïntegreerde karteringsfunksies. Telegram is in 2013 gestig deur die Russiese broers Nikolaj en Pavel Doerov en is gebaseer in Berlyn, Duitsland.
afr_Latn_221
Gereformeerde kerk Jacobsdal Die Gereformeerde kerk Jacobsdal is 'n gemeente van die GKSA in die verre weste van die Vrystaat. Vir kerklike doeleindes het dit tot in 2015 geressorteer onder die Klassis Griekwaland-Wes, waarvan die 15 ander gemeentes almal in die Noord-Kaap val. Ook die ander twee sentrums van die gemeente, Belmont en Ritchie, is in laasgenoemde provinsie. In 2015 is Jacobsdal egter oorgedra na die Klassis Suid-Vrystaat. Met 18 belydende en vyf dooplidmate was Jacobsdal in daardie jaar die vierde kleinste gemeente in dié Klassis. Voor die gemeente se stigting in 1982 was lidmate deel van die Gereformeerde kerk Koffiefontein. Daar was destyds groot teenkanting teen gemeentestigting en baie lidmate het gemeen Jacobsdal en die twee plekkies in Noord-Kaapland moes deel van Koffiefontein bly. Dié wyk van die moedergemeente het 'n eie kerkgeboutjie vir byeenkomste gehad, maar Koffiefontein se kerkraad het dit verkoop aan die Ou Apostoliese Kerk. A. Venter het die nuwe Gereformeerde kerk op Jacobsdal ontwerp en J.F. Venter, 'n lidmaat, het die leiding tydens die bouery geneem. Geen hoeksteen is gelê nie en ook die inwydingsdatum (omstreeks 1983) is nie meer bekend nie. Die gebou is kontant betaal. Met die jare het Jacobsdal se lidmaattal baie afgeneem, want einde 1997 was hier 55 belydende en 19 dooplidmate, einde 2001 was dit 49 en ses, maar 14 jaar later net 18 en vyf, altesaam ses minder as die vorige jaar.
afr_Latn_222
Gereformeerde kerk Kathu Die Gereformeerde kerk Kathu is 'n gemeente van die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika. Einde 2014 was dit met 232 belydende en 79 dooplidmate die vierde grootste van die 18 gemeentes in die Klassis Griekwaland-Wes, waar die gemiddelde getal belydende lidmate per gemeente toe 108 was. Teen 2019 was Kathu die derde grootste gemeente nadat Kimberley teruggesak het van die grootste tot die vierde grootste gemeente. Yskor het in 1952 met die ontginning ystererts begin en in dieselfde jaar is bouwerk aan die dorpie Sishen begin. Op 12 Oktober 1968 het die wyk Sishen van die Gereformeerde kerk Olifantshoek afgestig. Aanvanklik is eredienste in die linkersysaal van die klubsaal op Sishen gehou waar ds. J.S. du Plooy van Olifantshoek (41 km van Sishen af geleë) elke derde Sondag twee eredienste gehou het. Destyds was hier sowat 102 belydende en 69 dooplidmate. Bouwerk aan die eerste kerk was 'n spanpoging. Jan en Truia Kotze het die hoeksteen gelê, terwyl Drienie Bester die kerk oopgesluit het. In 1974 is die eerste huise op die nuwe dorp Kathu gebou en algaande het die lidmate begin oorskuif daarheen. Die pastorie daar is ontwerp deur ds. J.S. du Plooy van die Gereformeerde kerk Postmasburg en in 1975 voltooi. Onder ds. Kobus Venter se leiding was 'n ieder en 'n elk betrokke by die kerkbou op Kathu. Op 25 Junie 1981 is die nuwe kerk gebou met dankbaarheid in gebruik geneem. Die NG gemeente Kathu is in 1975 van die gemeente Sishen afgestig, maar die moedergemeente is eindelik by die dogtergemeente ingelyf. Einde 2014 was Kathu die grootste gemeente in die Sinode van Noord-Kaapland met 1 772 belydende en 719 dooplidmate. Die Nederduitsch Hervormde Kerk se gemeente Kathu is op 17 Julie 1976 gestig en het einde 2014 114 belydende en 26 dooplidmate gehad, die kleinste van die drie Susterkerke.
afr_Latn_223
Gereformeerde kerk Kimberley Die Gereformeerde kerk Kimberley is die vierde grootste gemeente in die GKSA se Klassis Griekwaland-Wes en die vyfde oudste van die 18 gemeentes.
afr_Latn_224
Hazel Acosta Hazel Acosta (1946-) 'n Suid-Afrikaanse flamenco-danseres, -choreograaf en -onderwyseres. Acosta het internasionale erkenning as een van die voorste solodansers in dié genre ontvang. Sy is in Spanje opgelei en het saam met verskeie Spaanse geselskappe getoer. In 1994 stig sy die Alianza Flamenca in Johannesburg en ontwikkel 'n sillabus vir flamenco wat internasionaal gebruik word. Op 24 Julie 2015 ontvang sy die Orde van Siviele Verdienste van Felipe VI, die koning van Spanje, vir die bevordering van flamenco as kunsvorm, asook betrekkinge tussen Suid-Afrika en Spanje.
afr_Latn_225
Gereformeerde kerk Koffiefontein Die Gereformeerde kerk Koffiefontein is 'n gemeente van die GKSA in die Wes-Vrystaat. Buiten Koffiefontein self, omsluit die gemeentegrense ook die dorpe Luckhoff, Fauresmith en Jagersfontein, laasgenoemde twee sedert 2010 toe die Gereformeerde kerk Fauresmith ná 145 jaar ontbind het.
afr_Latn_226
Gereformeerde kerk Kroonstad Die Gereformeerde kerk Kroonstad is 'n gemeente van die GKSA op die Vrystaatse dorp Kroonstad, maar vandat die Gereformeerde kerk Steynsrus in 2011 ontbind het, sluit dit ook Steynsrus en distrik in. Met 220 belydende en 42 dooplidmate was Kroonstad einde 2014 die tweede grootste Afrikaanse gemeente in die Klassis Noord-Vrystaat, naas die Gereformeerde kerk Parys, wat toe 270 belydende en 36 dooplidmate gehad het. In 1997 was Kroonstad se lidmaattal onderskeidelik 396 en 136 en in 2001 377 en 113.
afr_Latn_227
Merseyrivier Die Merseyrivier [ˈmɜːzi] is 'n rivier in Noordwes-Engeland. Sy naam is uit die Angel-Saksiese taal afgelei en beteken "grensrivier". Moontlik het die Mersey die grens tussen die historiese koninkryke Mercia en Northumbria gevorm. In elk geval was dit eeue lank deel van die grens tussen die historiese Engelse graafskappe Lancashire en Cheshire.
afr_Latn_228
Jamie Oliver James Trevor "Jamie" Oliver, MBE (* 27 Mei 1975) is 'n Engelse meestersjef, restaurateur en mediapersoonlikheid wat internasionale bekendheid verwerf het met sy televisieprogramme oor kosmaak (waaronder The Naked Chef wat vanaf 1999 uitgesaai is, en Jamie Oliver's Food Revolution van 2010), 'n wye reeks kookboeke. In 2005 het hy 'n wêreldwye veldtog vir verbeterde kosmaakopleiding en gesonde skooletes gedoen.
afr_Latn_229
Bothashof Bothashof was 'n Afrikaansmedium-skool met noue Suid-Afrikaanse bande in die destydse Suid-Rhodesië en later Rhodesië. Dit het aan die einde van die minderheidsbewind Engelsmedium geword en eindelik ook vir 'n kort rukkie in die onafhanklike Zimbabwe as sodanig bestaan. Die voertaal is verander omdat die Afrikaanse gemeenskap in dié land so verminder het dat die skool nie sinvol kon voortbestaan nie. Dit is in 1985 hernoem tot Eaglesvale en het "'n ware Zimbabwiese skool" geword.
afr_Latn_230
Gereformeerde kerk Koppies Die Gereformeerde kerk Koppies was 'n kortstondige gemeente van die GKSA met sy middelpunt op die Noord-Vrystaatse dorp Koppies. Die gemeente is in 1965 afgestig, blykbaar van die Gereformeerde kerk Parys, maar het net vyf jaar later (1970) ontbind, waarna die lidmate weer by Parys ingeskakel het, want dié gemeente sluit, naas Parys, ook Vredefort en Koppies in. Koppies het net twee predikante gehad, albei in kombinasie met Heilbron, wat in 1964 van Frankfort afgestig het, en vandag (2018) nog bestaan.
afr_Latn_231
Amina Desai Amina Desai (1920 – 10 Junie 2009) was Suid-Afrika se langsdienende vroulike Indiese politieke gevangene. In 1996, op die ouderdom van 76, was sy 'n getuie vir die Waarheid-en-versoeningskommissie (WVK). In 2013 is sy postuum met die Orde van Luthuli bekroon.
afr_Latn_232
Thomas Alexandre Dumas Thomas Alexandre Dumas Davy de la Pailleterie (Frans: [tɔma alɛksɑ̃dʁ dyma davi də la pajətʁi]; ook bekend as Alexandre Dumas en Generaal Dumas; 25 Maart 1762 – 26 Februarie 1806) was 'n generaal in die Franse republikeinse leer tydens die Franse Rewolusie. Gedurende die revolusionêre oorloë het Dumas 'n sleutelrol gespeel. Sy strategiese oorwinnings het die hoë bergpasse deur die Alpe in Franse hande gelaat, wat hulle in staat gestel het om 'n nuwe veldtog teen die Oostenrykers in Italië te loods. Dumas het die hoogste rang behaal wat nog ooit deur 'n persoon van Afrika-herkoms in 'n Europese weermag bereik is. Hy was die eerste gekleurde persoon wat as 'n brigadier-generaal aangestel is en die eerste luitenant-generaal (Général de division) en die enigste hoofbevelvoerder van 'n leer (Général d'armée). Hy was later die bevelvoerder van verskeie leergroepe, onder andere die Armée des Alpes, die Armée des Pyrénées orientales en die Armée de l'Ouest. Dumas is ook beroemd as die pa van die bekende Franse skrywer Alexander Dumas (Die drie musketiers, Die Graaf van Monte Christo). Dumas is in Saint-Domingue, in die teenswoordige Haïti, as die seun van 'n Franse edelman en 'n swart slavin gebore. Hierdeur was hy beide 'n slaaf, en 'n lid van die Franse adel. Sy pa het hom in 1776 na Frankryk teruggeneem waar hy 'n goeie opvoeding ontvang het. Nadat hy die leer as 'n gewone soldaat op 24 jarige ouderdom betree het, het hy binne 6 jaar aan die hoof van 53 000 troepe gestaan na sy aanstelling as die hoofbevelvoerder van die Armée des Alpes. Tydens die gevegte in Italië het die vyandelike Oostenrykse troepe hom die bynaam Schwarzer Teufel (Swart Duiwel) gegee. Napoleon het per geleentheid na hom as "die Horatius Cocles van Tirol" verwys (na aanleiding van Horatius Cocles 'n legendaries Romeinse held wat die brug oor die Tiberrivier teen 'n aanvallende leer verdedig het), nadat hy glo man-alleen 'n groep vyandelike soldate by 'n brug oor die Eisackrivier verslaan het. Dumas het aan die hoof van die Franse ruitery gestaan tydens die Expédition d'Égypte, maar sy boot het onklaar geraak tydens sy terugvaart na Frankryk in 1799 en hy is desnoods geforseer om in die vyandelike koninkryk van Napels aan wal te gaan waar hy in die tronk gestop is. Na sy vrylating in 1801 keer hy terug na Frankryk na sy vrou Marie-Louise Élisabeth Labouret, die dogter van 'n herbergier, met wie hy in 1792 getrou het. Hulle het twee dogters gehad, Marie-Alexandrine en Louise-Alexandrine en 'n seun Alexandre wat later groot roem as die skrywer van avontuurverhale sou verwerf. Baie van die karakters in sy verhale is deur sy pa se loopbaan geïnspireer.
afr_Latn_233
Galvarino Galvarino (sterf 30 November 1557) was 'n bekende Mapuche-kryger gedurende die vroeë tydvak van die Arauco-oorlog in Suid-Amerika. Op 8 November 1557 het Galvarino aan die slag van Lagunillas teen die Spaanse goewerneur García Hurtado de Mendoza deelgeneem. Hy en een honderd en vyftig ander Mapuche is deur die Spanjaarde gevange geneem. As straf vir die opstand word van die gevangenes veroordeel tot die amputasie van hul regterhand en neus. In die geval van leiers, soos hoofman Galvarino, word beide hul hande geamputeer. Hierdie gevangenes word daarna vrygelaat as waarskuwing aan die res van die Mapuche om die weerstand te staak. Mendoza het gehoop dat die Mapuche se militêre leier, generaal Caupolicán, hierdeur geïntimideer sou word om die stryd te laat vaar. Na sy terugkeer verskyn hy voor Caupolicán en die oorlogsraad. Hy doen 'n oproep vir weerwraak en verskerpte weerstand teen die Spanjaarde. Hy word vereer vir sy dapperheid en benoem as aanvoerder van 'n eenheid. Messe word aan sy stompies geheg en hy het by die veldtog teen die Spanjaarde aangesluit. Gedurende die slag van Millarapue op 30 November 1557 het sy eenheid teen dié van Mendoza te staan gekom. Die slag word deur die Spanjaarde gewen. Drieduisend Indiane sterf en meer as agthonderd word gevange geneem, waaronder Galvarino. Mendoza het hom ter dood veroordeel en hom deur honde laat verskeur.
afr_Latn_234
Gereformeerde kerk Ladybrand Die Gereformeerde kerk Ladybrand is die oudste gemeente in die GKSA se Klassis Oos-Vrystaat. Einde 2015 was dit met 72 belydende en 10 dooplidmate ook die tweede kleinste in die klassis. 'n Jaar vantevore was die getalle onderskeidelik 74 en nege. Aanvanklik was Ladybrand 'n wyk van die eerste Gereformeerde kerk in die Vrystaat, Reddersburg. Op 20 Desember 1872 het Ladybrand van die moedergemeente afgestig. Aan die begin is dienste in 'n kleiner kerkgebou gehou, maar dit was bouvallig en een gewel het gedreig om in te tuimel. Die gemeente het toe besluit om 'n nuwe kerkgebou op te rig en daarvoor het hulle £100 van die Vrystaatse Volksraad ontvang. Die totale koste van die oprigting van die nuwe kerk was £864,11 en dis op 13 Julie 1883 in gebruik geneem. Eers in 1890 is 'n houtvloer en banke ingesit. In 1895 is 'n konsistorie aangebou. Mettertyd het dié kerkgebou bouvallig geraak en aandag gekort. In 'n stadium is die dak herstel, maar in 1971 is dit deur 'n nuwe kerkgebou vervang. Reeds in Oktober 1966 het diaken Kleynhans dat die gemeente moes oorgaan tot die bou van 'n nuwe kerkgebou omdat die destydse kerkgebou, volgens hom, nie tot eer van die gemeente gestrek het nie. Ná bespreking en beplanning het die gemeente 'n lening van R24 000 by Sanlam aangegaan. Dit was terugbetaalbaar oor 25 jaar teen 'n rentekoers van 9 persent. Die nuwe kerkgebou is in die naweek van 24 en 25 April 1971 in gebruik geneem. Op die Saterdag (die 24ste) het die leraar, ds. P.J.S. de Klerk, die hoeksteen onthul. Dr. G.C.P. van der Vyver het die feesdiens op die Sondag gelei nadat die kerkgebou in gebruik geneem is. Dié kerkgebou, wat sitplek aan genoeg 200 kerkgangers bied, is vandag nog in gebruik. Dit het 'n klein pyporrel. 'n Netjies uitgelegde tuin versier die kerkterrein. Twee gemeentes wat in 1897 gestig is, Wepener en Tweespruit (vroeër Thaba 'Nchu), is in onderskeidelik 1954 en 2013 by Ladybrand ingelyf.
afr_Latn_235
Gereformeerde kerk Lindley Die Gereformeerde kerk Lindley is die derde oudste gemeente in die GKSA se Klassis Oos-Vrystaat en met 37 belydende en 11 dooplidmate einde 2014, ook die kleinste. Benewens die hoofdorp Lindley, sluit die gemeente ook Arlington en Petrus Steyn in. Lindley is een van die agt sogenaamde Gereformeerde Kerke onder die Kruis wat ontevrede lidmate van die Nederduitse Gereformeerde Kerk tussen 1897 en 1911 gestig het. Van dié agt kerke, bestaan nog net Lindley, Frankfort, Carolina en Clanwilliam. Op 3 Januarie 1911 is 'n voorlopige byeenkoms gehou van die beswaarde lidmate van die NG gemeente Lindley en 'n kommissie benoem om die name van diegene wat wou uittree uit die NG Kerk, op te neem. Toe daar op 18 Januarie 1911 weer 'n vergadering gehou is ten huise van P.C. Oosthuizen, het dit geblyk dat daar sowat 100 persone was wat bereid was om hul lidmaatskap van die NG Kerk te beëindig weens talle besware teen dié kerkverband. Op 'n gemeentevergadering op 25 Maart 1911 op die plaas Klipdrift en in samewerking met Steynsrus (waar die NG gemeente Steynsrus die jaar vantevore gestig is) is toe 'n gemeente gestig wat sou bekendstaan as die Gereformeerde Kerk onder die Kruis. Op 6 Januarie 1913 het hulle op aanbeveling van ds. S.J. du Toit, vader van Totius, by die Gereformeerde Kerk aangesluit. Reeds in Oktober 1912 het die lidmate op 'n gemeentevergadering besluit om 'n kerkgebou op Lindley op te rig. Twee erwe is gekoop en 32 banke is van die Gereformeerde kerk Ventersburg aangekoop. Ds. H.P.J. Pasch het die kerk se hoeksteen op 13 Mei 1913 gelê. Die teks op die steen is Ps. 74:19. Binne-in die hoeksteen is 'n holte gemaak waarin 'n vrugtefles verseël is. Daarin is al die besware van die gemeente en hul beginsels op skrif gestel sodat die nageslag kan sien waarom hulle hier 'n Kruiskerk gestig het. Later is 'n konsistorie agter die kerk aangebou en ook die vooraansig verander om die deur onder dak te kry.
afr_Latn_236
Aishwarya Rai Aishwarya Rai Bachchan (Tulu: ಐಶ್ವರ್ಯಾ ರೈ, gebore 1 November 1973 in Mangalore, Karnataka) is 'n Indiese model en aktrise. In 2009 is sy deur Indiese regering met die Padma Shri bekroon, wat die vierde hoogste burgerlike toekenning in Indië is. In 2012 het Rai die Ordre des Arts et des Lettres, 'n toekenning van die regering van Frankryk, ontvang. Sy is deur baie mense as "een van die mooiste vroue op aarde" beskryf.
afr_Latn_237
Abdullah Adams Abdullah Adams (1908?-2001) was 'n Suid-Afrikaanse rugbyspeler wat in 1939, gedurende die apartheidsjare, die bruin Springbokspan verteenwoordig het. Tussen 1928 en 1948 het hy vir die Westelike Provinsie (WP) se span vir bruin spelers uitgedraf. In 1946 en 1947 was hy die spankaptein. Tydens die WP Rugbyvoetbalunie se eeufeesviering in 1986 is hy as die beste haker en kaptein in die eerste 100 jaar van die unie se bestaan aangewys. Adams was van 1950 tot 1976 die hoof van die Rahmaniyah-laerskool in Kaapstad. Die posisie het aan hom die bynaam van "meneer" besorg.
afr_Latn_238
RhodesMustFall RhodesMustFall (#RhodesMoetVal) was 'n protesbeweging deur studente wat op 9 Maart 2015 begin het. Die oorspronklike doel was om die standbeeld van Cecil Rhodes, wat voor die Universiteit van Kaapstad gestaan het, te verwyder. Die protes het wêreldwye aandag geniet en 'n verdere beweging om Suid-Afrikaanse instansies te "de-kolonialiseer" geïnspireer. 'n Beweging om koloniale en apartheid-verwante standbeelde te verwyder het ook na vore getree. Om die rede is 'n paar historiese standbeelde dwarsoor die land gevandaliseer. Hierdie gebeurtenis het die publieke opinie sterk verdeel en word daarom as omstrede beskou.
afr_Latn_239
FeesMustFall FeesMustFall (#FooieMoetVal) is 'n protesbeweging deur studente wat in die middel van Oktober 2015 as gevolg van 'n toename in fooie aan Suid-Afrikaanse universiteite plaasgevind het. Die betogings het ook vir hoër lone vir lae-inkomste universiteitspersoneel gevra. Die protes het aan die Universiteit van die Witwatersrand begin en daarna na die Universiteit van Kaapstad, Rhodes Universiteit en ander universiteite dwarsoor die land uitgebrei.
afr_Latn_240
Gerry Adams Gerry Adams (Iers-Gaeliese naam: Gearóid Mac Ádhaimh; 6 Oktober 1948) is 'n Noord-Ierse politikus en die voormalige leier van Sinn Féin, 'n Ierse politieke party wat Noord-Ierland met die Republiek van Ierland wil verenig. Hy is ook 'n voormalige parlementslid vir Wes-Belfast. Hy het egter nie parlementsittings bygewoon nie, omdat hy nie Brittanje se gesag oor Noord-Ierland erken nie. Weens sy bande met die Ierse Republikeinse Leër (IRL) het die Britse regering Adams jare lank verbied om na Engeland, Skotland of Wallis te reis. In die laat 1990's het hy egter met die Britse regering en ander Noord-Ierse politieke partye in gesprek getree om vrede in die streek te bewerkstellig. Die IRL het vyandighede in 1995 gestaak en in 2005 verklaar dat die oorlog verby was.
afr_Latn_241
Paul Adams Paul Adams (20 Januarie 1977 in Kaapstad) is 'n Suid-Afrikaanse krieketafrigter en 'n voormalige -speler. Hy was 'n linkshandige gewrigsdraaibouler wat sedert die 1990's sporadies vir die nasionale span uitgedraf het. Hy is ook die jongste persoon nóg wat vir Suid-Afrika toetskrieket gespeel het (18 jaar en 340 dae, in 1995). Hy het onder meer tydens die Krieketwêreldbeker 1996 vir Suid-Afrika gespeel. Adams het sy land in 45 toetse verteenwoordig. Hy het 134 toetspaaltjies teen 'n gemiddeld van 32,87 lopies per paaltjie laat kantel. Hy het ook in 24 internasionale eendagwedstryde verskyn, waartydens hy 29 paaltjies teen 28,10 lopies per paaltjie laat kantel het. Hy het vanweë sy ongewone boulaksie ikoniese status verwerf. Strydig met afrigtingsmetodes, het hy sy gesig op die oomblik van aflewering hemelwaarts gedraai. Die Engelse krieketspeler, Mike Gatting, het per geleentheid opgemerk dat Adams se boulaksie soos " 'n padda in 'n voedselverwerker" lyk. Dit het aanleiding tot sy bynaam, Gogga, gegee. Adams is in 2012 as die breier van die Kaapse Kobras-krieketspan aangestel.
afr_Latn_242
Quanita Adams Quanita Adams is 'n Suid-Afrikaanse aktrise wat in verskeie verhoog-, rolprent- en TV-produksies opgetree het. Sy het aan die Universiteit van Kaapstad studeer, waar sy haar honneursgraad in drama in 2002 verwerf het. Adams het rolle in films soos Forgiveness (saam met Arnold Vosloo), Cape of Good Hope en Skeem vertolk. Van haar noemenswaardige teaterwerk sluit in Truth in Translation en At Her Feet. Sy het ook in TV-reekse soos Binnelanders, Orion, Erfsondes en Villa Rosa gespeel.
afr_Latn_243
Mireia Lalaguna Mireia Lalaguna Royo (geb. 28 November 1992) is 'n Spaanse model en skoonheidskoningin wat in Desember 2015 in Sanya, China, gekroon is as Mej. Wêreld 2015. Sy is die eerste Mej. Wêreld van Spanje.
afr_Latn_244
Liesl Laurie Liesl Laurie (gebore 28 April 1991, Johannesburg, Suid-Afrika) is 'n Suid-Afrikaanse model en skoonheidskoningin wat in 2015 as dié jaar se Mejuffrou Suid-Afrika gekroon is. Sy het die land in Sanya, China by die Mej. Wêreld-kompetisie verteenwoordig en onder die top-10 geëindig.
afr_Latn_245
Steffi van Wyk Steffi van Wyk (geb. Otjiwarongo, Namibië, 22 April 1992) is 'n Namibiese skoonheidskoningin, atleet en model wat haar land in Desember 2015 in die Mej. Wêreld-wedstryd in China verteenwoordig het.
afr_Latn_246
Anneline Kriel Anneline Kriel (gebore 1955) is 'n Suid-Afrikaanse model, aktrise en skoonheidskoningin. Sy het in 1974 op 19-jarige ouderdom Mej. Wêreld geword nadat die Verenigde Koninkryk se Helen Morgan bedank het net vier dae ná haar kroning. Anneline was Suid-Afrika se tweede Mej. Wêreld naas Penny Coelen-Rey. Sy het in verskeie Afrikaanse produksies gespeel, asook in die internasionale rolprent Kill and Kill Again.
afr_Latn_247
Addams Family Addams Family is 'n denkbeeldige gesin wat in 'n Amerikaanse strokiesverhaal deur Charles Addams uitgebeeld word. Die strokiesprent is later in 'n donker humoristiese TV-reeks, 'n aantal rolprente en rekenaarspeletjies omskep. Die gesin dra swart klere en stel in die dood en allerlei vreesaanjaende dinge belang. Lede van die gesin is: Gomez, Morticia, Uncle Fester, Lurch, Grandmama, Wednesday, Pugsley en Thing. Die Addams Family is 'n satiriese inverse (omgekeerde) van die ideale Amerikaanse gesin (kerngesin). Die Addamse is welgestelde en eksentrieke mense, wat totaal onbewus is van hoe vreemd en angswekkend ander mense hulle vind. Die familie bestaan selfs deels uit monsters. Addams se strokiesverhaal is aanvanklik in die jare 30 in die tydskrif The New Yorker gepubliseer. Dit het vinnig baie gewild geword. Die swart humor het veral tot mense gespreek.
afr_Latn_248
Wilna Adriaanse Wilna Adriaanse (gebore 19 Maart 1958, Kalahari) is 'n Afrikaanse skrywer van romantiese fiksie. Haar eerste boek, Die wingerd sal weer bot, is in 2000 deur LAPA Uitgewers onder die skrywersnaam Wilmine Burger gepubliseer. Haar boek, 'n Heildronk op liefde, is in 2003 met LAPA se liefdesromanprys bekroon en sy ontvang in 2009 die ATKV-Woordveertjieprys vir haar roman, Die boek van Ester. Sy publiseer ook verskeie liefdesverhale onder die skuilnaam Wilmine Burger. Adriaanse is die moeder van die akteur en musikant Beer Adriaanse.
afr_Latn_249
Margaret Gardiner Margaret Gardiner (geb. 21 Augustus 1959 in Kaapstad) is 'n Suid-Afrikaanse joernalis en skoonheidskoningin wat in 1978 op 18-jarige ouderdom as Mej. Heelal gekroon is. Sy het die land as Mej. RSA verteenwoordig en is die eerste Suid-Afrikaner wat die Mej. Heelal-titel gewen het. Sy was vierde van die topvyf toe die eindronde aanbreek, maar is as wenner aangewys nadat al die deelnemers hul laaste vraag beantwoord het. By die geleentheid in Acapulco het sy die kroon ontvang van Janelle Commissiong, die eerste swart wenner van die titel. Margaret werk nou in Los Angeles as 'n tydskrif- en televisiejoernalis. Sy is getroud met prof. André Nel, afdelingshoof van nanomedisyne aan die Universiteit van Kalifornië (UCLA).
afr_Latn_250
Amy Kleinhans Amy Kleinhans-Curd (geb. 12 Julie 1968 op Worcester) is 'n Suid-Afrikaanse skoonheidskoningin wat in 1992 die Mej. Suid-Afrika-kroon gewen het. Dié destydse onderwyseres was die eerste nie-wit wenner van die titel in die land se geskiedenis. Sy het op die Mej. Wêreld-kompetisie op 12 Desember 1992 onder die topvyf geëindig. Amy is ook deel van die realiteits reek Die Real Housewives van die Wynlande op KykNET.
afr_Latn_251
Keiserpikkewyn Die keiserpikkewyn (Aptenodytes forsteri) is 'n voël wat aan die familie van pikkewyne (Spheniscidae) en die genus van groot-pikkewyne (Aptenodytes) behoort. Dit is die grootste en swaarste pikkewynspesie ter wêreld en is endemies aan Antarktika. Dit is die enigste voëls wat hul eiers op ys kan lê.
afr_Latn_252
Jo-Ann Strauss Jo-Ann Strauss (* 3 Februarie 1981 in Kaapstad) is 'n Suid-Afrikaanse model, TV-persoonlikheid en sakevrou. Sy is in 2000 gekroon as Mej. Suid-Afrika en het die land in 2001 verteenwoordig by die Mej. Heelal-kompetisie in Puerto Rico sowel as die Mej. Wêreld-kompetisie by Sun City, Suid-Afrika.
afr_Latn_253
VIA VIA is 'n Afrikaanse vermaak- en leefstylkanaal wat 24 uur per dag leefstyl- en realiteitsprogramme aanbied. Dit word op DStv-kanaal 147 uitgesaai en is op DStv Premium-, Extra, Compact- en Family-pakkette beskikbaar. Dit is Media24 se eerste televisiekanaal en word vanaf Maandag 9 November 2015 om 16:00 uitgesaai. Dit het begin met 22 nuwe programme wat op kos, diëte, verhoudings, troues en styl fokus. Die teikengroep is Afrikaanse vroue en hul gesinne.
afr_Latn_254
Rikie Postma Hendrika (Rikie) Postma (Burgersdorp, Kaapkolonie, 28 April 1889 – Bloemfontein, Oranje-Vrystaat, 21 November 1938) was 'n Suid-Afrikaanse skrywer van veral kinderprosa. Rikie, soos sy algemeen bekendgestaan het, was die oudste dogter van ds. Stephanus Postma en sy eggenote, Johanna Jacoba Slijkhuis, en 'n kleindogter van die eerste predikant van die Gereformeerde Kerk, ds. Dirk Postma. Ten tyde van haar geboorte was haar vader professor aan die Teologiese Skool Burgersdorp. Sy het van albei haar ouers haar kunssin geërf en vaar haar vader veral haar liefde vir die opvoeding.
afr_Latn_255
Pienk Piet Pienk Piet is die naam van die standbeeld op Stellenbosch van prof. John du Plessis wat na klagtes van leerdwaling uit sy pos by die Kweekskool ontslaan is. Prof Louis Jonker, NG dosent in Ou Testament by Stellenbosch, het 'n leidende rol gespeel om die standbeeld van Du Plessis voor die Kweeksool te kry. Die beeld van ligroos marmer toon 'n lewensgroot Johannes du Plessis in 'n toga met 'n oop Bybel in die hand. Op 'n granietmuur agter die beeld staan die Du Plessis-spreuk "God verdedig die reg". Florenci Cuairan, 'n Spaanse beeldhouer, het dit op versoek van Du Plessis se vriende gemaak. Die versoek van die vriende dat die beeld in die tuin van die Kweekskool mag staan, is aanvanklik geweier. Sedert die oprigting daarvan in 1944 is die beeld verskeie male van standplaas verskuif en is dit ook dikwels gevandaliseer. Op 19 Junie 2006 is Pienk Piet van die agtertuin van die Sasol Kunsmuseum tog na meer as sestig jaar verskuif na die voortuin van die Kweekskool. Finansiering vir hierdie waarskynlik laaste skuif is o.a. verskaf deur Het Jan Marais Nationale Fonds. Johannes du Plessis was by uitstek die NG teoloog wat die historiese kritiek vanuit Duitsland en Nederland in die NG Kerk ingedra het. Hy het as rolmodel gedien vir onder meer Prof Ferdinand Deist en prof Louis Jonker. Tog moet erken word, dat Du Plessis se verwerping van die Genesis verhale en sy keuse vir Darwin se evolusie teorie, problematies blyk te wees gegewe sulke uitsprake deur Du Plessis: "The white and black races both have their own volks ideals, which have roots in their different pasts. There is within each volk an inborn tendency to maintain the type to which it belongs and to protect itself against deterioration. It was perhaps the right instinct that possessed the Voortrekkers to countenance no mixing of the blood with the natives. With that they not only kept their race pure, but also carried away the respect of the natives"
afr_Latn_256
Maria Menounos Maria Menounos (gebore 8 Junie 1978) is 'n Grieks/Amerikaanse aktrise, televisie-aanbieder en joernalis. Sy het vir nuus-programme soos Extra en Access Hollywood gewerk. Sy het ook rolle in verskeie rolprente vertolk. Menounos is in Massachusetts gebore.
afr_Latn_257
Rubem Alves Rubem Azevedo Alves (15 September 1933 – 19 Julie 2014) was 'n Brasiliaanse teoloog, filosoof, opvoeder, skrywer en psigoanalis. Alves word as een van die stigters van die bevrydingsteologie beskou.
afr_Latn_258
William Dalrymple William Hamilton Dalrymple (gebore 20 Maart 1965) is 'n Britse skrywer en historikus. Hy het talle boeke oor die geskiedenis van Indië soos The Age of Kali (1998), The White Mughals (2002) en The Last Mughal (2006), geskryf.
afr_Latn_259
Sondagsrokkie 'n Sondagsrokkie (of Painted Lady in Engels), is 'n vlinder, Vanessa cardui, en behoort tot die familie van Vierpootskoenlappers (Nymphalidae). Die Sondagsrokkie is 'n algemene en kleurvolle vlinder wat op al die kontinente voorkom, behalwe Antarktika en Suid-Amerika. In Suid-Afrika is goeiekaroo een van sy voedselplante.
afr_Latn_260
João Havelange Jean-Marie Faustin Godefroid "João" de Havelange (8 Mei 1916 in Rio de Janeiro – 16 Augustus 2016 in Rio de Janeiro) was 'n voormalige Brasiliaanse sportbestuurder en die 7de president van FIFA. Hy is in 1974 tot die posisie verkies, maar bedank in 1998 nadat hy die organisasie vir 24 jaar gelei het. Hy is deur Sepp Blatter opgevolg. In 1998, na sy uittrede, is hy as 'n ere-president van FIFA aangewys. Hy bedank egter in 2013 weens "gesondheid en persoonlike redes". Havelange was op sy dag 'n swemmer wat sy land tydens die Olimpiese Somerspele van 1936 in Berlyn verteenwoordig het. Hy was ook deel van 'n waterpolospan wat in Helsinki aan die Olimpiese Somerspele van 1952 deelgeneem het. Die stadion Estádio Olímpico João Havelange in Rio de Janeiro is na hom genoem.
afr_Latn_261
Sasol-kunsmuseum Die Sasol-kunsmuseum is 'n kunsmuseum te Ryneveldstraat 52 in Stellenbosch in die Wes-Kaap, Suid-Afrika. Die museum vorm deel van die Eben Dönges-sentrum op die kampus van die Universiteit Stellenbosch. Dit word in 'n Hollandse Neo-klassieke gebou uit 1907 gehuisves, wat in 1976 tot 'n nasionale gedenkwaardigheid verklaar is. Die gebou is aanvanklik deur die Bloemhof Skool gebruik, waarna dit gerestoureer en op 3 Oktober 1991 as 'n kunsmuseum geopen is. Die restourasiewerk is deur Sasol befonds, wat tot die naam aanleiding gegee het.
afr_Latn_262
Aesopus Daar is min oor Aesopus se lewe bekend en sy geskrifte het nie behoue gebly nie. Tog is daar talle verhale wat oor die eeue uit verskeie tale versamel is, wat aan hom toegedig word. Van die verhale word tot vandag toe nog gebruik, veral in kinderstories en strokiesprente. In die fabel van "Die skilpad en die haas", as voorbeeld, daag 'n haas 'n skilpad vir 'n wedloop uit. Die haas is seker van sy oorwinning en neem nie die wedloop ernstig op nie. Hy neem middagslapies en sy aandag word deur allerlei dinge afgetrek. Die skilpad, daarteenoor, is doelgerig en neem die resies ernstig op. Ten spyte daarvan dat die skilpad veel stadiger is, wen hy uiteindelik die wedloop. En so is dit ook met mense, die wat volhard behaal sukses.
afr_Latn_263
Gereformeerde kerk Klipriviersberg Die Gereformeerde kerk Klipriviersberg was van 1964 tot 1997 'n gemeente van die GKSA in die suide van Johannesburg met binne sy gemeentegrense voorstede soos Rosettenville, Rewlatch, Oakdene en Glenvista.
afr_Latn_264
Kalander Kewersoorte van die superfamilie Curculionoidea Outeniekwageelhout Masjien met rolle om weefstowwe, papier, dun leer, ens., glad en glansend te maak.
afr_Latn_265
Sjeik Sjeik — ook Sjeg, Sheik, Shaikh of Shekh — is 'n Arabiese eretitel. Dit beteken "ouderling" of "leier/goewerneur". Dit kan ook na Islamitiese skoliere verwys. Sjeika is die vroulike vorm, maar die gebruik daarvan is ongewoon in die Arabiese wêreld. 'n Wyse Sjeikh word 'n ḥakīm genoem en hulle word as gesagsfigure in die Arabiese gemeenskap beskou. Dis ook moontlik dat die woord na 'n man ouer as veertig of vyftig jaar verwys.
afr_Latn_266
Erich Fromm Erich Seligmann Fromm (23 Maart 1900 – 18 Maart 1980) was 'n internasionaal bekende Duits-Amerikaanse sielkundige, psigoanalis, sosioloog, filosoof en demokratiese-sosialis.
afr_Latn_267
Wringsleutel 'n Wringsleutel is 'n gereedskapstuk wat gebruik word om 'n moer of bout teen 'n bepaalde wringkrag vas te draai, sodat 'n mens nie die bout of moer oor draad draai nie.
afr_Latn_268
Ebrahim Hemmatnia Ebrahim Hemmatnia (gebore 25 Junie 1976) is 'n Persiese-Hollandse avontuurlustige en die eerste persoon in die wêreld wat 'n oseaan te fiets aangepak het. Hy het die Atlantiese Oseaan in 68 dae met 'n amfibiese fiets ('n mens-aangedrewe voertuig wat op beide grond en in water ry) deurkruis. Sommige van die groot stede wat hy deurkruis het is Dakar, Natal, João Pessoa, Recife, Aracaju, Salvador, Vitória, Rio de Janeiro en Sao Paulo.
afr_Latn_269
Viktor Frankl Viktor Emil Frankl (Wene, 26 Maart 1905 – Wene, 2 September 1997) was 'n Oostenrykse neuroloog en psigiater, maar word veral bekend as oorlewende van die Sjoa. Frankl was die grondlegger van die logoterapie, 'n vorm van eksistensiële analise. Sy boek Waarom lewe ek (uitgee in 1975 in Suid-Afrika as vertaling van Ein Psycholog erlebt das Konzentrationslager, wat al in 1946 gepubliseer is) gee sy ervaringe as gevangene in 'n konsentrasiekamp weer en beskryf sy psigoterapeutiese metode vir die verkryging van sin van die lewe in alle lewesomstandighede, en daarmee ook 'n rede om verder te lewe.
afr_Latn_270
Vierpootskoenlapper Vierpotige of borselpotige skoenlappers (Nymphalidae) is die grootste familie van skoenlappers met ongeveer 6 000 spesies wat oor alle kontinente, met die uitsondering van Antarktika, voorkom. Hulle is tipies kleurryk, gewoonlik medium-groot tot groot en die twee voorpote is onderontwikkeld.
afr_Latn_271
Mot Motte (Lepidoptera) is insekte wat aan die orde van vlinders (Lepidoptera) behoort. Hulle is nou aan skoenlappers verwant, wat vanaf motte ontwikkel het. Die meeste spesies is slegs snags aktief. Hulle kan op verskeie maniere van ander vlinders onderskei word. 'n Mot se antennes (voelhorings) lyk soos klein vlerkies, en hulle vlerke word plat op die rug gevou as hulle nie vlieg nie. Die meeste vlinders is motte. Daar is vermoedelik sowat 160 000 spesies motte (byna tien keer soveel as die skoenlapper-spesies). Duisende van die spesies moet nog beskryf word. Die meeste motte is klein: hulle word mikromotte genoem. Die groter motte is beter bekend, maar is minder algemeen. Die meeste spesies is naglewend, maar daar is uitsonderings. 'n Paar skemer- en daglewende spesies is bekend. Bekende spesies sluit in, die sywurm, kommandowurm en kiepersol-pouoogmot.
afr_Latn_272
Haas Hase is klein soogdiere wat aan die orde van haasagtiges (Lagomorpha) en familie van hase en konyne (Leporidae) behoort. Daar is sowat vyftig verskillende spesies van hase en konyne. Hase word oor groot dele van die wêreld aangetref. Hulle leef in families en vreet hoofsaaklik gras en blare. In die natuur bly hase in gate, wat hulle self grawe. Hase is bekend vir spring en wortels vreet. Hase het 'n komplekse sosiale struktuur (soos honde) en handhaaf 'n streng hiërargie. As hase gelukkig is, staan hulle ore regop. Wanner hulle nie goed voel nie, lê die ore plat. Omdat hase prooidiere is, is hulle uiters versigtig in oop ruimtes. As gevaar dreig, vries en verstar hulle. Hulle het 'n wye visie wat selfs die lugruim dophou. Hulle vyande is jakkalse en honde, maar ook bere, slange en roofvoëls. Sommige mense jag ook hase. Hulle ontvlugtingsmetode is om na hul gate te hardloop, waar hulle meestal veilig is. In die natuur het hase baie dinge om te doen. Hulle soek kos, verdedig hulle gebiede en reproduseer. Hase in gevangenskap, daarteenoor, word dikwels onvoldoende gestimuleer, wat tot gedragsprobleme en swak gesondheid kan lei. Die verwagte lewensduur van 'n haas is ongeveer 9 tot 12 jaar. Die oudste haas, sover bekend, het 18 jaar oud geword. Hase het 'n dratyd van sowat 31 dae. Die wyfie kan 12-13 kleintjies kry, maar in buitengewone omstandighede tot 18, of so min as slegs een. Sommige mense hou hase as troeteldiere aan. Hase word ook vir hulle vleis geteel.
afr_Latn_273
Seeluiperd 'n Seeluiperd of luiperdrob (Hydrurga leptonyx) is 'n seesoogdier wat aan die familie van robbe behoort en in die Antarktiese see leef. Naas die noordelike olifantrobbe, is die seeluiperd die grootste robspesie. Hierdie diere kom algemeen in die Suidelike Halfrond langs die kus van Antarktika en op die meeste sub-Antarktiese eilande voor. In Suider-Afrika word hulle gereeld by die Dyer- en Malgas-eiland naby Kaapstad gesien, waar hulle onder seevoëls jag. Hulle word egter soms so ver noord as Walvisbaai opgemerk. Die seeluiperd se rug is donkergrys en die buik is 'n ligte grys. Die nek is witterig met swart kolle, wat baie soos 'n luiperd se kolle lyk (vandaar die naam). Seeluiperde leef ongeveer ses-en-twintig jaar (dalk langer). Hulle enigste natuurlike vyande is moordvisse en groot haaie. Hulle vreet ander robbe, pikkewyne, vis, inkvis en verskeie ander seediere.
afr_Latn_274
Grace Hopper Grace Brewster Murray Hopper (New York Stad, 9 Desember 1906 – Arlington, 1 Januarie 1992) was 'n Amerikaanse wiskundige, rekenaarpionier, wetenskaplike en offisier (admiraal) in die Amerikaanse Vloot. Hopper is een van die eerste persone wat die noodsaaklikheid van hoërvlak programmeertale besef het. Sy het die eerste vertaler geskryf en haar idees het grootliks die COBOL-taal beïnvloed.
afr_Latn_275
Adeliepikkewyn Die adeliepikkewyn (Pygoscelis adeliae) is 'n pikkewyn wat in Antarktika leef en broei. Die pikkewyn se snawel is kort en stomp. Die kop is swart met wit ringe om die oë. In Engels staan die voël as die Adelie penguin bekend. Adeliepikkewynne is die kleinste pikkewyne in Antarktika (maar nie die kleinste pikkewynspesie nie). Die voël word ongeveer 46 tot 61 cm hoog en weeg ongeveer 4 tot 6 kilogram (die massa van 'n huiskat). In die water kan hulle 'n snelheid van 40 km/uur bereik. Die pikkewyne vreet vis, inkvis en ander skaaldiere (veral kril). Soms spring hulle met 'n sierlike boog bo die water uit om asem te skep. Hulle grootste vyand is die grootskedebek. Die wyfie lê twee eiers in September wat groen en bruin in kleur is. Die eerste eier is groter en swaarder as die tweede. Die broeityd duur ongeveer 8 weke. Die mannetjies bou tydens die broeiperiode 'n nes wat daarna deur die wyfies geïnspekteer word. Hulle rig hulle bekke na bo en maak 'n skreeugeluid om die wyfies te verlei. Die wyfies kies 'n maat aan die hand van die roep, wat hulle gebruik om die mannetjie se massa te pyl. 'n Vetter mannetjie het meer vetreserwes en kan beter vir die eiers sorg. Nadat die eiers gelê is, pas die mannetjies dit op terwyl die wyfies vir ongeveer twee weke na die see terugkeer. Die mannetjies vreet nie gedurende die tyd nie. Die pasgebore kuikens vorm groepe, wat deur enkele volwasse diere opgepas word.
afr_Latn_276
Agulhas Kaap Agulhas, suidelikste punt van Afrika, waar die Atlantiese en Indiese Oseane ontmoet. Agulhasstroom (uit die Mosambiekstroom), seestroom aan die ooskus van Suider-Afrika. Agulhas Nasionale Park, nasionale park by Kaap Agulhas. Agulhas-spinnekopbos, plant in die Proteafamilie. Agulhasbank, uitloper van die kontinentale bank van Afrika suid van Kaap Agulhas. Kaap Agulhas Plaaslike Munisipaliteit, munisipaliteit in die Wes-Kaap. Kaap Agulhas-vuurtoring, ligtoring by Kaap Agulhas. L'Agulhas, kusdorpie in die Wes-Kaap en die suidelikste nedersetting in Afrika. Suid-Afrikaanse navorsingsskepe: S.A. Agulhas S.A. Agulhas II
afr_Latn_277
Stormbandpikkewyn Die stormbandpikkewyn (Pygoscelis antarctica) is 'n pikkewyn wat in Antarktika asook die Bouvet-eiland leef en broei. Die voël is onmiskenbaar met die swart streep om die nek. Dit verskil van die Adeliepikkewyn; die swart op die kop strek nooit verby die oë nie. Die voël staan ook bekend as die kenbandpikkewyn of keelbandpikkewyn.
afr_Latn_278
Olifantrob Olifantrobbe of see-olifante (Mirounga) is 'n biologiese genus van groot robbe. Olifantrobbe is die grootste lewende roofdiere in die see. Die bulle (mannetjies) kan tot 6.5 meter lank word en het 'n verlengde, slurpagtige snoet wat baie soos 'n olifant se slurp lyk (vandaar die naam). Dié velsak (slurp) word opgeblaas as hulle opgewonde raak. Daar is twee spesies, een in die Noordelike en een is die Suidelike Halfrond. Die suidelike olifantrob word in die Antarktiese waters aangetref, terwyl die noordelike olifantrob op die eilande van Kalifornië en Mexiko voorkom. Olifantrobbe voer 'n swerwers-bestaan in die oseaan. Buiten die broeiseisoen kom hulle net aan wal om te vervel (verhaar). In die laat somer drom honderde olifantrobbe op strande en in modderige poele saam. Hulle lê naby aan mekaar terwyl hulle geleidelik kolle vel en hare afgooi. As die ou vel uiteindelik met 'n nuwe pels vervang is, keer hulle na die water terug. Die paarseisoen word deur 'n bakleiery tussen die bulle voorafgegaan, wat hulle groot lywe teen mekaar werp. Die wenners paar met die koeie. Olifantrobbe duik tot 1550 meter diep in die oseaan. Die diepste rekord wat aangeteken is, was 2 388 meter. Die koeie duik gemiddelde 20 minute lank, terwyl die bulle tot 60 minute (1 uur) onder die water kan bly, op soek na hul gunsteling kos. Hul dieet bestaan uit vlete, inkvisse, seekatte, palings, pikkewyne en klein haaie. Hul mae bevat dikwels klippe wat hulle met hul vertering help. Die diere is verbasend rats op die land, en kan vinniger as 'n mens oor sandduine beweeg.
afr_Latn_279
Suidelike olifantrob Die suidelike olifantrob of suidelike see-olifant (Mirounga leonina) is 'n olifantrob wat in die Suidelike Halfrond in die Antarktiese waters voorkom. Dit is een van die twee olifantrobspesies, die ander een is die noordelike olifantrob.
afr_Latn_280
Noordelike olifantrob Die noordelike olifantrob of noordelike see-olifant (Mirounga angustirostris) is 'n olifantrob wat in die Noordelike Halfrond in die Arktiese waters voorkom. Dit is een van die twee olifantrob-spesies, die ander een is die suidelike olifantrob.
afr_Latn_281
Agincourt Slag van Agincourt, veldslag in 1415 waar die Engelse onder koning Hendrik V oor die Franse geseëvier het. Agincourt, dorpie in Mpumalanga, Suid-Afrika. Een van verskeie plekke in Frankryk, Kanada of die Republiek China.
afr_Latn_282
Keiserduiker Die keiserduiker (Phalacrocorax atriceps) is 'n voël wat leef en broei op Prins Edward-eilande in die Suidelike Oseaan. Dit is die enigste kormorant op dié eilande. Die voël word tot 61 cm lank, is groot, wit en swart met blou oë.
afr_Latn_283
Kaapse platanna Die Kaapse platanna (Xenopus gilli) is padda in die Pipidae-familie wat endemies aan Suid-Afrika is. Hulle natuurlike habitat is Mediterreense struikagtige plantegroei, varswatervleie, onderbroke varswatervleie en damme. Dit word as gevolg van 'n verlies aan habitat bedreig. Die Kaapse platanna is die mees bedreigde paddaspesie in Suid-Afrika. Daar is nog net enkele poele oor waarin hulle alleen voorkom. Die veel groter gewone platanna (Xenopus laevis) baster met die kleiner Kaapse platanna en vreet hulle op. In die Kaappunt-natuurreservaat is 'n muur om 'n dam gebou om die Kaapse platanna teen die gewone platanna te beskerm.
afr_Latn_284
Dane Piedt Dane Leeroy Piedt (gebore 6 Maart 1990 in Kaapstad) is 'n Suid-Afrikaanse krieketspeler. Hy speel sy plaaslike wedstryde vir die Kaapse Kobras. Hy het in Augustus 2014 sy debuut in Toetskrieket vir die Proteas teen Zimbabwe gemaak.
afr_Latn_285
Christopher Ainslie Christopher Ainslie (1978-) is 'n Suid-Afrikaanse kontra-tenoor wat as een van die leidende vertolkers van kontra-tenoorrolle beskou word. Hy tree gereeld in Suid-Afrika, Brittanje en Europa op. Ainslie bestudeer finansies aan die Universiteit van Kaapstad, waarna hy sy loopbaan as 'n geoktrooieerde rekenmeester begin. In 2005 vestig hy hom in Londen, studeer aan die Royal College of Music, waar hy met onderskeiding slaag. Hy maak sy debuut in 2008 in die Koninklike Operahuis in sir Harrison Birtwistle se opera, The Minotaur. In 2007 wen hy die Michael Olivier-prys in die Händel-sangkompetisie en in 2008 is hy die eerste kontra-tenoor wat die Richard Tauber-kompetisie wen. In 2011 het hy die eerste plek in die Gianni Bergamo-kontra-tenoorkompetisie behaal.
afr_Latn_286
Air Force One Air Force One is die roepsein vir enige vliegtuig van die Amerikaanse Lugmag wat deur die president van die Verenigde State van Amerika gebruik word. Dit word as 'n prominente simbool van die V.S.A. se mag en invloed in die wêreld gesien. Die Amerikaanse president vlieg gewoonlik in een van twee omgeboude Boeing 747-vliegtuie, met stertnommers 28000 en 29000. Die vliegtuie word slegs Air Force One genoem as die president aan boord is. Wanneer die vise-president of 'n ander hooggeplaaste amptenaar daarin vlieg, word dit Air Force Two genoem. Om veiligheidsredes mag die president en die vise-president nooit saam vlieg nie. Toe pres. Richard Nixon in 1974 as president bedank het, het hy in Air Force One na sy huis in Kalifornië teruggevlieg. Halfpad daarheen het sy presidentskap tot 'n einde gekom, en is 'n nuwe roepsein in vlug aan die vliegtuig toegeken. Die huidige Boeing 747-200B's kan teen 'n topsnelheid van ongeveer 1 100 km/h vlieg. Dit het 'n bemanning van 26 lede en bied plek vir 76 passasiers. Die vliegtuig het (soos alle 747's) drie vlakke. Die boonste vlak huisves gevorderde kommunikasietoerusting, terwyl die middelste vlak vir passasiers en kantore gebruik word, en die onderste vlak as vragruim dien. Die vliegtuie sal na verwagting in 2018 met twee Boeing 747-8's vervang word.
afr_Latn_287
Hawe 'n Hawe is 'n beskutte stuk water aan 'n kus waar skepe kan anker. Hawens kom natuurlik voor, maar kan ook kunsmatig aangelê word. Durban, Tafelbaai en Saldanhabaai is voorbeelde van natuurlike hawens. Hawens word dikwels gebruik om mense en goedere op en van skepe af te laai. Vir die rede ontstaan groot stede om hawens en word 'n vervoernetwerk van die hawe na die binneland aangelê. Die vervoernetwerk bestaan meestal uit paaie en treine, maar goedere kan ook per pyplyn, vliegtuig of oor riviere vervoer word. 'n Hawe het gewoonlik 'n kaai (gemesselde aanlêplek vir skepe) met steunpilare waaraan die skepe kan vasgemeer (teen vasgebind word). Groot hyskrane word opgerig om goedere op en van die skepe te laai. Ligtorings word om hawens gebou om gevaarlike gebiede aan te dui en golfbrekers word soms ingespan om die water tot bedaring te bring. Baggerbote word gebruik om modder en sand van die hawe se bodem te verwyder. Suid-Afrika se belangrikste kommersiële hawens is dié van Durban, Kaapstad, Saldanhabaai, Richardsbaai, Port Elizabeth en Oos-Londen. Durban is die land se besigste hawe en hanteer algemene vrag, veral graanuitvoere. Kaapstad, die tweede besigste hawe, spesialiseer in die uitvoer van sagtevrugte, wyn en groente. Saldanhabaai, daarteenoor, is spesifiek vir die uitvoer van mineraalerts gebou. Shanghai is die grootste hawe ter wêreld, terwyl Singapoer nommer twee op die lys is. Shanghai se hawe het ongeveer 29 miljoen vraghouers in 2010 hanteer. Singapoer se hawe het in dieselfde jaar 28,4 miljoen houers hanteer.
afr_Latn_288
Akademie vir Dramakuns Die Akademie vir Dramakuns (afgekort: ADK) is 'n akademie wat spraak-en-drama-opleiding aanbied en diplomas aan suksesvolle studente toeken. Dit is 'n invloedryke organisasie wat verskeie Afrikaanse akteurs opgelewer het. Bekende Suid-Afrikaanse akteurs, soos Deon Lotz, Wilna Snyman, Milla Louw, Annie Basson, Kristie Herbst, David Rees, Sara Louw het hulle opleiding aan die akademie ontvang.
afr_Latn_289
Johan Malherbe Johan Malherbe was 'n Afrikaanse akteur. Hy is veral bekend vir sy rol as Hannes Sierberhagen in die TV-drama Agter Elke Man.
afr_Latn_290
UNIVAC I Die UNIVAC I (UNIVersal Automatic Computer I) was die eerste rekenaar in die Verenigde State wat ontwerp is vir kommersiële en administratiewe doeleindes. Dit was ontwerp vir die uitvoer van relatiewe eenvoudige wiskundige berekeninge en data beheer/skuif take, eerder as die komplekse wiskundige berekeninge wat verwag word van 'n wetenkaplike rekenaar. Dit was grootliks ontwerp deur Presper Eckert en John Mauchly, the uitvinders van die ENIAC. Die ontwerp werk was begin deur hulle maatskapy Eckert–Mauchly Computer Corporation, en is eers voltooi nadat hulle maatspapy oorgeneem is deur Remington Rand (wat later deel word van Sperry, nou Unisys). In die jare voordat opvolg modelle van die UNIVAC I geproduseer is, was die rekenaar bekend as die "UNIVAC" In 1951 was die UNIVAC voltooi. Die rekenaar weeg 15 000 kilogram en was 16 meter lank, 8 meter breed en 2,5 meter hoog. Die rekenaar bestaan uit 5 200 vakuumbuise en kon 1 900 berekeninge per sekonde doen. Die totale stelsel benodig net meer as 35.5 m² vloerspasie. Altesaam 46 eenhede word gebou. Die eerste model kos 159 000 Amerikaanse dollar. Die latere modelle kos , afhangende van spesifikasies tussen 1 250 000 en 1 500 000 dollar. Die aanskaffingsprys was te hoog vir universiteite. Die vervaardiger het 'n aantal eenhede aan universiteite geskenk. 'n Paar UNIVAC I stelsels het in diens gebly lank nadat die tegnologie uigedien geraak het. Die Amerikaanse Sensusburo gebruik hulle twee eenhede tot in 1963. Sperry Rand het twee eenhede in Buffalo, (deelstaat New York) gebruik tot 1968. Die versekeringsmaatskapy Life and Casualty of Tennessee in Arnhem, gebruik 'n eenheid tot 1970, meer as 13 jaar in diens.
afr_Latn_291
Al Jazeera Al Jazeera (Arabies: الجزيرة‎, al-ǧazīrah, [æl dʒæˈziːrɐ]; letterlik: "die eiland", wat verwys na die Arabiese Skiereiland as 'n geheel) is 'n Arabiese TV-netwerk wat van Doha, die hoofstad van Katar, uitsaai. Hulle is veral bekend vir hulle nuuskanaal, wat deur talle mense in die Midde-Ooste, Noord-Afrika en deur Arabiese sprekers oor die wêreld gevolg word. Hulle het aanvanklik slegs in Arabies uitgesaai, maar bied tans ook 'n Engelse kanaal, wat hoofsaaklik oor nuusgebeure en politieke kwessies handel. Al Jazeera is in 1996 begin, nadat die BBC hulle Arabiese TV-stasie gesluit het. Sheikh Hamad bin Khalifa het 150 miljoen Amerikaanse dollar vir die oprigting van die netwerk bewillig. Baie van die joernaliste wat aanvanklik vir die BBC gewerk het, het na die nuwe netwerk oorgeskuif. Die netwerk se bereidwilligheid om uiteenlopende menings uit te saai, het al menige kere omstredenheid in die Arabiese en Persiese wêreld veroorsaak. In 2001 het hulle wêreldwye aandag geniet toe hulle die enigste netwerk was wat die oorlog in Afghanistan lewendig gebeeldsend het. Die netwerk is al van propaganda beskuldig, maar hou vol dat hulle al die kante van die storie dek. As voorbeeld het hulle per geleentheid Israel se sienings uitgesaai, en selfs video's van Osama bin Laden gebeeldsend.
afr_Latn_292
Geslagsgelykheid Geslagsgelykheid is die ideaal van gelykheid tussen mans en vroue. Dit staan in kontras met geslagsdiskriminasie wat 'n teken van geslagsongelykheid is. In Suid-Afrika is die Kommissie vir Geslagsgelykheid verantwoordelik om gelykheid tussen mans en vroue te beskerm en te bevorder. Die kommissie is volgens die Suid-Afrikaanse grondwet van 1996 gestig ingevolge waarvan dit deur die Suid-Afrikaanse regering beheer en bestuur word. Die kommissie het vir kwotas in die parlement en korporasies geveg. Hulle bevorder ook die boodskap van geslagsgelykheid deur openbare byeenkomste en vergaderings dwarsoor die land te reël.
afr_Latn_293
Alabama (dubbelsinnig) Alabama, 'n deelstaat in die suidooste van die Verenigde State van Amerika. Alabama, Klerksdorp, 'n township in Noordwes, Suid-Afrika. CSS Alabama, Amerikaanse oorlogskip, wat in die liedjie "Daar kom die Alibama" beskryf word. Daar kom die Alibama, tradisionele Afrikaanse liedjie. USS Alabama, slagskip van die Amerikaanse Vloot tydens die Tweede Wêreldoorlog.
afr_Latn_294
Aladdin Aladdin (ook soms Aladin) is 'n fiktiewe karakter in 'n bekende Midde-Oosterse verhaal, Aladdin en die Towerlamp. Die sprokie word in die boek, Duisend-en-een nag, aangetref. Dit is egter eers in die 18de eeu deur die Fransman Antoine Galland tot die versameling toegevoeg. Die verhaal word dikwels as 'n pantomime opgevoer. Dit is ook vir verskeie musiekblyspele, TV-reekse, rolprente en kinderboeke verwerk.
afr_Latn_295
Alamein Alamein of El Alamein (Arabies: العلمين, "Die twee vlae") is 'n dorp in die noorde van Egipte aan die Middellandse See. Dit lê 106 kilometer wes van Alexandrië en 240 kilometer noordwes van Kaïro. El Alamein het 7 397 inwoners (2007). Die dorp is bekend as die plek waar die Geallieerde magte, gelei deur veldmaarskalk Bernard Montgomery, 'n belangrike slag tydens die Tweede Wêreldoorlog teen Nazi-Duitsland en Italië gewen het. Die Duitse en Italiaanse Afrikakorps onder leiding van Erwin Rommel verloor 59 000 man (gedood, gewond en krygsgevangenes), terwyl die Britse 8ste leër 13 000 man verloor het. Die Duitsers het ook die grootste deel van hul tenks gedurende hierdie 12-dagse veldslag verloor. Dit was die eerste veldslag wat Duitsland sedert die Slag om Brittanje verloor het. El Alamein beskik oor 'n museum wat die slag gedenk en die gebeure wat daar afgespeel het dokumenteer.
afr_Latn_296
Sjema Jisrael Sjemá Jisra'él (of Sjma Jisra'él; שְׁמַע יִשְׂרָאֵל; "Hoor, Israel"), die Joodse geloofsbelydenis, is die eerste twee woorde (die aanhef) van 'n vers van die Tora, en is die naam van 'n gebed (wat soms bloot as sjema of sjma afgekort word) wat onmiddellik voor die Amidá (עמידה) in die Joodse oggend- en aandgebedsdienste geresiteer word. Die eerste vers bevat die monoteïstiese kern van die Jodedom: "Hoor, Israel: יהוה [is] ons God; יהוה [is] een" (שְׁמַע יִשְׂרָאֵל יְהוָה אֱלֹהֵינוּ יְהוָה אֶחָֽד׃), wat aangetref word in Dwarim/Deuteronomium 6,4, waarby die naam van God (יהוה) nie uitgespreek word nie, maar as Adonái (letterlik: "my Here") weergegee word. Die Afrikaanse Bybelvertalings gee die vers weer as "Hoor, Israel, die Here onse God is 'n enige Here" (1933/1953) en "Luister, Israel, die Here is ons God, Hy is die enigste Here" (1983). Die term "sjema" verwys by implikasie ook na al drie gedeeltes van die daaglikse gebed wat begin met Sjema Jisra'él. Hierdie gedeeltes van die Tora omvat Dwarim/Deuteronomium 6:4–9, Dwarim/Deuteronomium 11:13-21 en Bemidbar/Numeri 15:37–41. Dit word gelees in die parasjot (of weeklikse Tora-skriflesings) wat onderskeidelik as We'etganan ("ek het gesmeek"), Ékew ("ten gevolge van"), en Sjelág ("stuur!") bekend staan. Die Sjema Jisra'él word tydens elke dag se aandgebed (Ma'ariew, מעריב) en oggendgebed (Sjagariet, שחרית) geresiteer. Geloofsvaste Jode beskou die sjema as 'n belangrike deel van hul gebedsdiens, en die tweedaaglikse resitasie daarvan word as 'n mitswa (מִצְוָה), oftewel 'n godsdienstige gebod geag. 'n Joodse gebruik bestaan om die sjema as jou laaste woorde te uiter, en Joodse ouers leer hulle kinders om dit te resiteer voordat hulle gaan slaap. In die aangehaalde gedeeltes van die Tora word verskeie gebooie aangespreek wat belangrik is vir die praktyk van die Joodse geloof: die daaglikse resitasie van Sjemá Jisra'él, die gebruik van Tefillien (תפילין; gebedsrieme), die tsitsijót (ציציות; tossels), die mezoezá (מזוזה; perkamentrol-koker teen die kosyn), en die oordrag van die gebooie aan die volgende geslag.
afr_Latn_297
Suidoos-Europa Suidoos-Europa is 'n geografiese gebied in die suidooste van Europa wat hoofsaaklik oor die Balkanskiereiland strek. Armenië Azerbeidjan Georgië
afr_Latn_298
Albasinidam Albasinidam is 'n dam net buite Louis Trichardt (Makhado) in die Levuburivier (Luvuvhurívier) in Limpopo, Suid-Afrika. Dit is in 1952 voltooi en na João Albasini (1813-1888) vernoem. Die damwal is 34 meter hoog, wat 'n volume van 28 200 kubieke meter water opdam. Die dam strek ook 'n oppervlakte van 3,5 vierkante kilometer.
afr_Latn_299