document_id
int64
0
5.02k
document_filename
stringlengths
9
106
line_id
int64
1
81.3k
text
stringlengths
7
3.62k
5,005
jan-mar2001_author's_profile.txt
80,506
Natúúrlik stem nie almal hiermee saam nie. Saam met die positiewe Harry Potter-warrelwind het verskeie dwarswinde al gedreig om die euforie te laat verdamp: hofsake tussen uitgewers en handelaars, duistere voorspellings van die Satanisme wat in die tekste skuil, en kritici wat die vierde (dik) boek (van sowat 630 bladsye) skerp veroordeel het. Dit ís inderdaad te vroeg om finale uitsprake te lewer. Maar iemand wat 'n lekker boek se pret bederf, behoort gestraf te word. Wees slim as jy 'n Harry Potter-aanhanger is, en luister na die raad wat die wyse ou professor vir Lucy, Peter, Edmund en Susan gee in Die leeu, die heks en die hangkas: Eenmaal 'n koning in Narnia, altyd 'n koning in Narnia. Maar moenie gaan probeer om dieselfde roete twee keer te volg nie. Om die waarheid te sê, moet glad nie probéér om daar te kom nie. Dit sal vanself gebeur wanneer julle nie soek nie. En moet dit nie teenoor iemand anders noem nie tensy jy vind dat hulle ook al sulke avonture gehad het Hoe sal julle weet O, julle sal goed genoeg weet! Snaakse dinge wat hulle sê - selfs die uitdrukking op hulle gesig - sal die geheim verklap. Hou net julle oë oop.?
5,005
jan-mar2001_author's_profile.txt
80,507
Kopieë van die internetbydraes is ook beskikbaar in die NALN-versameling.
5,006
land_march_afr.txt
80,509
Ons, die ondergenoemde groepe en mense, verteenwoordigend van die breë front van onssamelewing en met inbegrip van werkers in besonder, van plaaseienaars enplaasbewoners, gemeenskappe onder Tradisionele Leierskap en munisipale inwoners endie sakegemeenskap, hou hierdie opmars onder die banier van vrede en demokrasie, en tree sodanig op om mense meer bewus te maak van die belangrikheid van grond as 'nkritiese instrument in die transformasie en ontwikkeling van ons gemeenskappe, om die dekades-lange verlange te vervul dat: 'Suid-Afrika behoort aan almal wat hierwoon, swart sowel as blank,'en "dat die grond verdeel sal word onder diegene wat dit bewerk."
5,006
land_march_afr.txt
80,510
Oorhandig ons dus hierdie memorandum aan die verteenwoordiger van die VrystaatseProvinsiale Wetgewer, die verteenwoordiger van die Vrystaatse Provinsiale Regering ofverteenwoordiger van die Departement van Grondsake, om verdere prosesse aan die gang te sit wat sal lei tot versnelde beskikbaarstelling vangrond.
5,006
land_march_afr.txt
80,511
Wil die regering aanspoor om vinniger te beweeg met wetgewing oor 'n beleid op Swart Ekonomiese Bemagtiging in die Landbouwese asook met ander transformatoriese meganismes om grondhervorming te bespoedig.
5,006
land_march_afr.txt
80,512
Wil aanvoer dat die regering moet belê in kapasiteitbouprogramme vir swart boere wat gevestig is, deur meer kapitaal in te spuit en basiese insette te lewer vir hul nuwe ondernemings.
5,006
land_march_afr.txt
80,513
Vra dat geldelike bystand aan boere vinniger deurgevoer word en wetlike voorwaardes daargestel word om te verhoed dat grondverkopers kop uittrek uit hul onderneming om hul eindom te verkoop.
5,006
land_march_afr.txt
80,514
Wil aanvoer dat banke en verwante finansiële instellings voorwaardes versag op lenings ten einde meer swartmense in staat te stel om grond te besit.
5,006
land_march_afr.txt
80,515
Wil Koöperasies, akademiese sentrums en verwante inrigtings uitnooi om deel te hê aan die ontwikkeling van aspirant-boere, met inbegrip van jongmense, vroue en mense met gestremdhede; en om meer ondersteuning te gee aan ontwikkelende boere.
5,006
land_march_afr.txt
80,516
Doen 'n beroep op alle instellings wat verband hou met landbou, om opleiding te verskaf aan ontwikkelende boere ten einde hul vaardighede op alle aspekte van die landbou, met inbegrip van bestuur, te verbeter.
5,006
land_march_afr.txt
80,517
Wil die Departement van Landbou en Grondsake aanspoor om nou met munisipaliteite saam te werk om 'n geïntegreerde beleid oor meentgronde te ontwikkel met die oog op die ontwikkeling van grondbesit, en in besonder, die bevordering van landbou in munisipaliteite.
5,006
land_march_afr.txt
80,518
Wil meer samewerkingsbande smee en goeie werksverhoudinge skep tussen Tradisionele Leiers en die Regering.
5,006
land_march_afr.txt
80,519
Doen 'n beroep op die georganiseerde landbou om voort te gaan met die verskaffing van tegniese ondersteuning aan ontwikkelende boere.
5,006
land_march_afr.txt
80,520
Verbind onsself om 'n verenigde en voorspoedige landbousektor in die Provinsie Vrystaat tot stand te bring.
5,006
land_march_afr.txt
80,521
Ons, die mense wat hier saamgetrek is, komende uit verskillende agtergronde, met inbegrip van die regering en alle ander organisasies wat die demokrasie in ons provinsie verteenwoordig, onderneem dat ons sal sorg dat grond nooit ooit afgerokkel of deur 'n geknoeiery verkry word nie.
5,006
land_march_afr.txt
80,522
En dat daar nooit ooit onteiening van grond sal wees nie!
5,007
lang_what_new.txt
80,524
Een van die kernbevindings van 'n audit oor die staatsdiens se plan vir Batho Pele is dat die uitsluitlike gebruik van Engels en Afrikaans in die meeste Staatsdepartmente dienslewering en die verskaffing van inligting aan alle Suid-Afrikaners belemmer. Dit dra by tot onkunde oor die staatsdiens se werk, volgens Prof Richard Levin, hoof van DPSA, tydens 'n bespreking om die onderwerp in die portefeuljekomitee vir Staatsdiens en administrasie.
5,007
lang_what_new.txt
80,525
Sleutelaanbevelings wat uit die audit spruit, is aan die kabinet voorgelê en aanvaar. Die aanbevelings is gerig op beter diens en beter verhoudinge met diensverbruikers (uittreksel uit 'n berig in Die Volksblad, 27 Augustus 2004).
5,007
lang_what_new.txt
80,526
Aanleer van tale n Rekenaarprogram wat u in staat stel om 'n nuwe Afrikataal aan te leer en boonop ook die korrekte uitspraak van die woorde te bemeester, is onlangs ontwikkel. Die program word deur die Pan-Suid-Afrikaanse Taalraad onderskryf. Klik op www.afrilingo.com om meer daaroor te lees.
5,007
lang_what_new.txt
80,527
Intussen kan u ook basiese sinne in Sesotho, Afrikaans, IsiXhosa, Setswana en IsiZulu aanleer. Klik op Language learning op hierdie webtuiste. U sal egter u kollegas wat die tale magtig is, moet vra om te help met die korrekte uitspraak.
5,008
language_artikels.txt
80,529
Die los- of vasskryf van woorde in Afrikaans skep dikwels probleme. In Afrikaans is die neiging om saamgestelde woorde vas te skryf. Daar is egter gevalle waar van koppeltekens gebruik gemaak word, of waar die woorde apart van mekaar staan.
5,008
language_artikels.txt
80,530
Anders as in Engels word woorde wat (saamgestel) een begrip vorm, vas geskryf.
5,008
language_artikels.txt
80,531
Die dele van samestellings kan tot verskillende woordsoorte behoort.
5,008
language_artikels.txt
80,532
Arbeidswetgewing, Bestuurskomitee, Personeelvergadering, Taalbeleid.
5,008
language_artikels.txt
80,533
Hierdie samestelings kan bestaan uit twee of meer naamwoorde bv.
5,008
language_artikels.txt
80,534
Bestuurskomiteevergadering wat uit drie woorde saamgestel is, of Regeringsdienspensioenfonds wat uit vier naamwoorde bestaan.
5,008
language_artikels.txt
80,535
Blouoognooi, blouwildebees, lugdienspersoneel, kernkragsentrale, reënwaterafvoersloot.
5,008
language_artikels.txt
80,536
Hier kan ook gelet word op woorde wat bestaan uit 'n BYVOEGLIKE NAAMWOORD plus een of meer NAAMWOORDE wat verbind word om een begrip te vorm. 'n Vraag wat egter opkom is, hoe maak mens in gevalle waar die byvoeglike naamwoord die eerste naamwoord in die woordsamestelling beskryf, en in gevalle waar dit die tweede naamwoord beskryf In eersgenoemde geval (d.w.s waar die b.nw die eerste nw. beskryf) word die woord VAS geskryf?
5,008
language_artikels.txt
80,537
opeenvolging van dieselfde of verskillende vokaalletters tussen dele van samestellings: bo-op, na-aap, drie-enig, bo-ent, senu-instorting.
5,008
language_artikels.txt
80,538
wanneer 'n syfer, simbool of getal met'n woordelement verbind word: A-span, DNS-molekuul, 9 mm-pistool, R100-noot, 1997- oesjaar, 80%-kans.
5,008
language_artikels.txt
80,539
Woorde wat deel van 'n woordgroep uitmaak, word los van mekaar geskryf: alleen loop, in diens tree, in staat stel, ter aarde bestel, alles omvat, ter tafel lê.
5,008
language_artikels.txt
80,540
Vebindings van byvoeglike naamwoorde en selfstandige naamwoorde word in die reël los geskryf: blink plan, groen perske, hoë snelheid. Uitsonderings op hierdie reël kry 'n mens by byvoeglike naamwoorde wat kleur aandui, wat tradisioneel vas geskryf word: blouaap, geelslang, swartmamba, swartrenoster, blouwildebees; wanneer 'n verbinding van 'n byvoeglike naamwoord plus 'n selfstandige naamwoord in die geheel die waarde van 'n byvoeglike naamwoord of bywoord het: 'n grootbek ondersteuner, kaalvoet seun, hardekoejawel vent, (in die geval van bywoorde: Sy is dikbek; Die seun loop kaalvoet; Die student is platsak); wanneer betekenisverdigting plaasvind, d.w.s. wanneer die betekenis verskil van die ooreenstemmende woordgroep: donker kamer (wat swak verlig is) teenoor donkerkamer (fotografie); groot mens (groot van postuur) teenoor grootmens (volwasse);geel perske (enige perske wat geel is) teenoor geelperske (soort perske).
5,008
language_artikels.txt
80,541
Verbindings met telwoorde word in die reël los geskryf: drie kilogram, ses pogings, haar tweede man.
5,008
language_artikels.txt
80,542
In gevalle van betekenisverdigting of inkorting, vorm 'n verbinding met 'n telwoord 'n enkele woord en dan word dit vas geskryf: bv. drie hoeke teenoor 'n driehoek;drie wiele teenoor 'n driewiel; party kere teenoor partykeer (soms); baie kere teenoor baiekeer (dikwels); enige een teenoor enigeen; enige iets teenoor enigiets.
5,008
language_artikels.txt
80,543
As die rangtelwoord gedeeltelik in syfervorm weergegee word, word die verbinding los geskryf: 3de Laan, 26ste Straat.
5,008
language_artikels.txt
80,544
Geografiese name met rangtelwoorde as elemente word as enkele woorde geskryf: Derdepoort, Eersterivier, Eersterus.
5,008
language_artikels.txt
80,545
n Bepaalde hooftelwoord in 'n geografiese naam word los geskryf van die selfstandige naamwoord in die meervoudsvorm: Drie Susters, Twee Riviere, Veertien Strome. In die geval waar die selfstandige naamwoord egter enkelvoudig is, word dit vas geskryf: Driefontein, Sesriem, Tweespruit.
5,008
language_artikels.txt
80,546
Verbindings van honderd, duisend, miljoen, miljard, ens. Met 'n voorafgaande telwoord kan óf los ó sonder 'n koppelteken vas geskryf word: drie honderd of driehonderd, tien duisend of tienduisend, vyftig miljoen of vyftigmiljoen, twee miljard of tweemiljard.
5,008
language_artikels.txt
80,547
Die woord 'al' plus 'n telwoord word los geskryf: al twee, al drie, al honderd-vier-en twintig.
5,008
language_artikels.txt
80,548
Samestellings en afleidings met telwoorde word vas geskryf: eersteministerskap teenoor eerste minister; twintigste-eeus teenoor twintigste eeu.
5,008
language_artikels.txt
80,549
Byvoeglike naamwoorde en graadwoorde word los van mekaar geskryf in groepe wat 'n byvoeglike naamwoord as kern het: besonder gunstig, blakend gesond, duidelik sigbaar, algemeen aanvaarde, swaar gesubsieerde, wetenskaplik bewese. Heelwat van hierdie verbindings word ook vas geskryf. Dit hang in baie gevalle saam met die kortheid van die graadwoord en ook die vastheid van die verbinding tussen die graadwoord en die byvoeglike naamwoord, bv.: andersdenkend, goedgesinde, halfgaar, hoogliggende, pasgebore, pasverskene, snelgroeiende, weldeurdag.
5,008
language_artikels.txt
80,550
Vaste verbindings van 'n naamwoord plus 'n werkwoord wat in sy geheel as werkwoord optree, word in gevalle van betekenisverdigting vas geskryf: asemskep, dopsteek, grondvat, stokkiesdraai, ysskaats.
5,008
language_artikels.txt
80,551
Vaste verbindings van 'n bywoord of byvoeglike naamwoord plus 'n werkwoord wat in sy geheel as werkwoord optree, word in gevalle van betekenisverdigting vas geskryf: doodmaak, goedkeur, kortvat, verbygaan.
5,008
language_artikels.txt
80,552
n Uitsondering op die reël van vasskryf geld ten opsigte van samestellings met 'n eienaamelement of akroniem en kan sodanige samestellings nou feitlik op enige manier geskryf word. Dit geld egter nie vir plekname, straatname en taalname nie.
5,008
language_artikels.txt
80,553
Ander problematiese samestellings met 'n eienaamelement:.
5,009
leeskring.txt
80,555
NALN loods eersdaags 'n nuwe projek, "NALN se Leeskring-lapa", ten einde sy bestaande diens aan leeskringe binne projekverband te herstruktureer en uit tre brei. Dit behels onder meer die formalisering van bestaande gegewens tot 'n databank wat die jongste inligting omtrent leeskringe, hulle aktiwiteite, skakelpersone en -adresse, ens. sal bevat.
5,009
leeskring.txt
80,556
Die projek word van stapel gestuur tydens 'n literêre aand op Maandag 21 September 1998. Dr. Riana Scheepers, uitgewer, bekroonde skrywer en erkende kundige rakende die leeskringkultuur, sal by dié geleentheid, sal by dié geleentheid as gasspreker optree.
5,009
leeskring.txt
80,557
Dit vind plaas pas voor die begin van die tweedaagse Boekmakietie/Book Bokete wat op 22 en 23 September 1998 in die Bloemfonteinse Burgersentrum gehou word. Dit sal dus terselfdertyd as "lapa-aand" dien vir die Boekmakietiegangers wat dan al in die stad sal wees.
5,009
leeskring.txt
80,558
verskaffing , op aanvraag, van inligting omtrent Afrikaanse skrywers en boeke inligting omtrent die nuutste boeke in Afrikaans advies t.o.v. die saamstel van jaarprogramme/leeslyste insette en samewerking t.o.v. die jaarlikse aanbied van die Boekmakietie (vroeër die Nasionale Leeskringseminaar)
5,010
licence_premises_new_afr.txt
80,560
Is dit 'n nuwe apteek?
5,010
licence_premises_new_afr.txt
80,561
Die presiese geografiese ligging van die perseel.
5,010
licence_premises_new_afr.txt
80,562
Watter voordeel sal die gemeenskap trek uit hierdie apteek?
5,010
licence_premises_new_afr.txt
80,563
Wat sal die aard en omvang wees van die farmaseutiese dienste wat voorsien word wees?
5,010
licence_premises_new_afr.txt
80,564
Wat is die grootte van die populasie in die bedieningsarea van die apteek?
5,010
licence_premises_new_afr.txt
80,565
Hoeveel ander gesondheidsdiens-verskaffers is daar in die omliggende area en wat is die aard en omvang van gelewerde dienste?
5,010
licence_premises_new_afr.txt
80,566
Sal die apteek dienste voorsien aan persone buite die bedieningsarea Bv pos-bestellingsdiens?
5,010
licence_premises_new_afr.txt
80,567
Watter, indien enige, spesiale behoeftes van die gemeenskap sal aangespreek word?
5,010
licence_premises_new_afr.txt
80,568
Sal die lisensiehouer in staat wees om te voldoen aan die vereiste van Goeie Farmaseutiese Praktyk soos deur die Suid Afrikaanse Aptekersraad bepaal word?
5,010
licence_premises_new_afr.txt
80,569
n Sleutel , sleutelkaart of enige ander apparaat of gekombineerde apparaat wat toegang gee tot die apteek sal te alle tye gehou word aan die persoon vabn die verantwoordelike apteker.
5,010
licence_premises_new_afr.txt
80,570
Slegs die apteker sal die sleutels hou waar die skedule 1 -6 items bewaar word.
5,010
licence_premises_new_afr.txt
80,571
Kontrole en toegang tot die apteek perseel wat ontwerp en uitleg insluit is van so 'n aard dat slegs geregistreerde apteek personeel direkte toegang het tot die medisyne.
5,010
licence_premises_new_afr.txt
80,572
Die resepteer area sal toepaslik geleë wees in die apteek.
5,010
licence_premises_new_afr.txt
80,573
Die apteek sal toeganklik wees vir liggaamlik gestremde persone.
5,010
licence_premises_new_afr.txt
80,574
Daar is/ sal 'n aparte fasiliteit wees om hande te was.
5,010
licence_premises_new_afr.txt
80,575
Daar is/sal 'n aparte fasiliteit wees vir die skoonmaak van toerusting.
5,010
licence_premises_new_afr.txt
80,576
Die perseel sal skoon ordelik en netjies gehou word.
5,010
licence_premises_new_afr.txt
80,577
Alle werksoppervlaktes sal afgewerk wees met 'n gladde ondeurdringbare en wasbare materiaal.
5,010
licence_premises_new_afr.txt
80,578
Mure sal afgewerk wees met 'n gladde, ondeurdringbare en wasbare materiaal wat maklik is om skoon en higienies te hou.
5,010
licence_premises_new_afr.txt
80,579
Daar sal genoegsame en voldoende beligting wees.
5,010
licence_premises_new_afr.txt
80,580
Daar is/sal wees ten minste een brandblusser/brandslang in die apteek.
5,010
licence_premises_new_afr.txt
80,581
Die resepteerarea is voldoende vir die aantal Voorskrifte. 'n Afsonderlike werksarea van ten minste 90cm tot 1m moet beskikbaar wees vir elke apteker of persoon wat by die Raad geregistreer is wat werksaam is in die resepteerarea.
5,010
licence_premises_new_afr.txt
80,582
Daar sal 'n geskikte wagarea wees wat beskut is of in die apteek is.
5,010
licence_premises_new_afr.txt
80,583
Daar sal 'n geskite private area wees vir die voorsiening van inligting en advies in ooreenstemming met GFP riglyne.
5,010
licence_premises_new_afr.txt
80,584
Die profesionele beeld word nie beinvloed deur die uitstal van komersiële materiaal wat nie direk van toepassing is op gesondheid nie.
5,010
licence_premises_new_afr.txt
80,585
Die apteek word aangedui as 'n nie-rook area.
5,010
licence_premises_new_afr.txt
80,586
n Yskas vir hitte-sensitiewe medisyne en entstowwe sal beskikbaar wees.
5,011
licence_premises_relocation_afr.txt
80,588
Is dit 'n verskuiwimg van die huidige apteek?
5,011
licence_premises_relocation_afr.txt
80,589
Die presiese geografiese ligging van die perseel.
5,011
licence_premises_relocation_afr.txt
80,590
Watter voordeel sal die gemeenskap trek uit hierdie apteek?
5,011
licence_premises_relocation_afr.txt
80,591
Wat sal die aard en omvang wees van die farmaseutiese dienste wat voorsien word wees?
5,011
licence_premises_relocation_afr.txt
80,592
Wat is die grootte van die populasie in die bedieningsarea van die apteek?
5,011
licence_premises_relocation_afr.txt
80,593
Hoeveel ander gesondheidsdiens-verskaffers is daar in die omliggende area en wat is die aard en omvang van gelewerde dienste?
5,011
licence_premises_relocation_afr.txt
80,594
Sal die apteek dienste voorsien aan persone buite die bedieningsarea Bv pos-bestellingsdiens?
5,011
licence_premises_relocation_afr.txt
80,595
Watter, indien enige, spesiale behoeftes van die gemeenskap sal aangespreek word?
5,011
licence_premises_relocation_afr.txt
80,596
Sal die lisensiehouer in staat wees om te voldoen aan die vereiste van Goeie Farmaseutiese Praktyk soos deur die Suid Afrikaanse Aptekersraad bepaal word?
5,011
licence_premises_relocation_afr.txt
80,597
n Sleutel , sleutelkaart of enige ander apparaat of gekombineerde apparaat wat toegang gee tot die apteek sal te alle tye gehou word aan die persoon vabn die verantwoordelike apteker.
5,011
licence_premises_relocation_afr.txt
80,598
Slegs die apteker sal die sleutels hou waar die skedule 1 -6 items bewaar word.
5,011
licence_premises_relocation_afr.txt
80,599
Kontrole en toegang tot die apteek perseel wat ontwerp en uitleg insluit is van so 'n aard dat slegs geregistreerde apteek personeel direkte toegang het tot die medisyne.
5,011
licence_premises_relocation_afr.txt
80,600
Die resepteer area sal toepaslik geleë wees in die apteek.
5,011
licence_premises_relocation_afr.txt
80,601
Die apteek sal toeganklik wees vir liggaamlik gestremde persone.
5,011
licence_premises_relocation_afr.txt
80,602
Daar is/ sal 'n aparte fasiliteit wees om hande te was.
5,011
licence_premises_relocation_afr.txt
80,603
Daar is/sal 'n aparte fasiliteit wees vir die skoonmaak van toerusting.
5,011
licence_premises_relocation_afr.txt
80,604
Die perseel sal skoon ordelik en netjies gehou word.
5,011
licence_premises_relocation_afr.txt
80,605
Alle werksoppervlaktes sal afgewerk wees met 'n gladde ondeurdringbare en wasbare materiaal.
5,011
licence_premises_relocation_afr.txt
80,606
Mure sal afgewerk wees met 'n gladde, ondeurdringbare en wasbare materiaal wat maklik is om skoon en higienies te hou.
5,011
licence_premises_relocation_afr.txt
80,607
Daar sal genoegsame en voldoende beligting wees.
5,011
licence_premises_relocation_afr.txt
80,608
Daar is/sal wees ten minste een brandblusser/brandslang in die apteek.
5,011
licence_premises_relocation_afr.txt
80,609
Die resepteerarea is voldoende vir die aantal Voorskrifte. 'n Afsonderlike werksarea van ten minste 90cm tot 1m moet beskikbaar wees vir elke apteker of persoon wat by die Raad geregistreer is wat werksaam is in die resepteerarea.
5,011
licence_premises_relocation_afr.txt
80,610
Daar sal 'n geskikte wagarea wees wat beskut is of in die apteek is.
5,011
licence_premises_relocation_afr.txt
80,611
Daar sal 'n geskikte semi-private area vir konsultasie per resepterings punt wees.